Er­wee, Ham­za bal­jaar met kolf in Ban­ga­lo­re

Die Burger - - 15 -

Sa­rel Er­wee (117) en Zu­bayr Ham­za (104*) het hon­derd­tal­le vir Suid-A­fri­ka A op die eer­ste dag van sy drie­daag­se toer­wed­stryd teen ’n In­die­se Raad­self­tal in Ban­ga­lo­re aan­ge­te­ken.

Suid-A­fri­ka se naas­bes­tes, wat la­ter twee vier­daag­se “krie­ket­toet­se” teen In­dië A gaan speel, het die dag op ’n ste­wi­ge 389/2 af­ge­sluit. Er­wee en Pieter Ma­lan (51) het 161 om die eer­ste paal­tjie aan­ge­te­ken na­dat K­ha­ya Zon­do (67) die loot ge­wen het.

Suid-A­fri­ka se op­ko­men­de span (394/9 en 109) het die na­week in Ka­tu­na­y­a­ke met vier paal­tjies ver­loor in sy vier­daag­se wed­stryd teen sy e­we­knie van Sri Lan­ka.

Die hot­klou-draai­er Ma­lin­da Push­pa­ku­ma­ra (6/45) het in die Suid-A­fri­ka­ners se twee­de beurt die tuis­span op die voor­voet ge­kry, waar­na die 32ja­ri­ge Kaus­hal Sil­va (91) hom ge­help het om 310/6 in sy twee­de beurt aan te te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.