S­wys skiet eer­ste sko­te in woor­de­stryd

De Bruin wil ’Sa­ders se son­des uit­wys

Die Burger - - 16 - Chris­to Bu­ch­ner bl. 14.

“Gee ons net ’n reg­ver­di­ge kans.”

Dit was gis­ter die plei­dooi van S­wys de Bruin, die hoof­af­rig­ter van die Leeus se rug­by­span, aan die wed­stryd­be­amp­tes voor Sa­ter­dag se Su­per-eind­stryd in Chris­t­church, Ni­euSee­land, teen die kam­pi­oen, die Cru­sa­ders.

“Ek wil voor die eind­stryd ’n goeie ver­ga­de­ring met hul­le (wed­stryd­be­amp­tes) hê en se­ker maak al­bei span­ne gaan oor die­self­de kam ge­skeer word,” sê hy.

De Bruin het dit dui­de­lik ge­maak dat die Cru­sa­ders dik­wels toe­ge­laat word om met moord weg te kom.

“Hul­le kan nie toe­ge­laat word om met se­ke­re din­ge weg te kom net om­dat hul­le die kam­pi­oen­span is nie. Die on­kant­ly­ne moet by­voor­beeld vir al­bei span­ne geld.

“Ek voel hul­le word toe­ge­laat om met meer din­ge weg te kom as an­der span­ne net oor wie hul­le is,” meen De Bruin.

“Ek weet skeids­reg­ters en die wed­stryd­be­amp­tes is ook maar net mens.

“Met ’n baie in­ti­mi­de­ren­de ska­re wat luid­rug­tig is en ’n groot la­waai maak deur aan die staal­struk­tu­re van die sta­di­on te slaan, kan dit ge­beur dat dit glad nie mak­lik vir ’n skeids­reg­ter is nie.

“Hoe moei­lik dit ook al kan wees, die wed­stryd moet reg­ver­dig vir al­bei span­ne han­teer word.

“Hul­le lê te dik­wels klem op daar­die on­kant­lyn. Wat die vas­te skrums be­tref, moet die be­amp­tes ook kyk hoe hul los­kop in­slaan. Ek sal die skeids­reg­ter voor­af dui­de­lik daar­op wys om dit goed dop te hou,” sê De Bruin.

“Ek was nog­al ef­fe ver­baas dat An­gus Gard­ner (van Aus­tra­lië) reeds ver­le­de week as die skeids­reg­ter vir die eind­stryd aan­ge­wys is. Ek is te­leur­ge­steld dat daar nie min­stens een Suid-A­fri­ka­ner as ’n as­sis­tent­skeids­reg­ter is nie.

“Dit lyk my daar is ’n nu­we stel­sel waar­vol­gens ge­werk word. Daar is ver­skeie din­ge wat my pla. Daar is be­slis ook ’n re­de hoe­kom daar ’n (denk­beel­di­ge) tien­me­ter­lyn is wan­neer ’n span moet te­rug­val ná ’n straf­skop en by ’n skrum.

“In die half­eind­stryd het TJ Pe­re­na­ra (Hur­ri­ca­nes-skrum­ska­kel) die bal skaars ge­raak en vyf me­ter ge­vor­der ... en hul­le (Cru­sa­ders) was al op hom. Dit kan nie toe­ge­laat word nie en ek wil hê die skeids­reg­ter moet daar­na let,” sê De Bruin.

Die 33-ja­ri­ge Gard­ner sal sy eer­ste Su­per-eind­stryd han­teer.

Hy was in Ju­nie in die soek­lig toe hy die Frans­man Ben­ja­min Fall met ’n rooikaart van die veld ge­stuur het in die twee­de toets teen die All Blacks.

Fall het in die lug met die Ki­wi-los­ska­kel Beau­den Bar­rett kon­tak ge­maak toe hul­le al­bei om die bal mee­ge­ding het.

Dié be­slis­sing het tot groot kri­tiek ge­lei en Wê­reld­rug­by het la­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê Fall se rooikaart sal nie­tig ver­klaar word.

Fo­to: GALLO IMAGES

Goeie nuus! Aphi­we Dy­an­tyi, die Leeus se kook­wa­ter-vleu­el, het gis­ter die ja­woord ge­kry om saam met die span na Chris­t­church te ver­trek vir Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-eind­stryd teen die Cru­sa­ders. Hy het Sa­ter­dag teen die Wa­ra­tahs ’n dy­spier­be­se­ring...

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Leeus staal hul­le vir koue, win­de­ri­ge weer en ’n vy­an­di­ge at­mos­feer in die AMI-sta­di­on in Chris­t­church, waar die Su­per­rug­by-eind­stryd Sa­ter­dag be­slis sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.