Mid­der­nag­kos deel van S­wys se plan vir Leeus

Die Burger - - 16 - Chris­to Bu­ch­ner

Hy wou graag hê sy span moes eer­der van­aand na Nieu-See­land ge­vlieg het, maar daar was nie ge­noeg sit­plek­ke be­skik­baar op die vlug­te soon­toe nie, sê S­wys de Bruin, die hoof­af­rig­ter van die Leeus.

Daar­om is hul­le dus reeds gis­ter­aand uit Jo­han­nes­burg via Syd­ney na Chris­t­church, waar hul­le Sa­ter­dag in die Su­per­rug­by-eind­stryd teen die kam­pi­oen, die Cru­sa­ders, te staan sal kom.

Die Leeus sal van­aand om­streeks 23:00 (Nieu-See­land­se tyd) in Chris­t­church aan­kom en dan is dit reg­uit bed toe.

Die span sal vol­gens hom net een oe­fe­ning hê ter­wyl hul­le daar is.

“Dit is nou ’n ge­val van min­der is be­ter,” sê De Bruin.

In ’n po­ging om vlug­flou­heid teë te werk, sal die Leeus hul tyd­ske­du­le ook aan­sien­lik aan­pas.

Die vlug na Syd­ney duur on­ge­veer 12 ure en van daar is dit nog drie ure na Chris­t­church. Dié stad is ook twee tyd­so­nes ver­der weg as wat Syd­ney is.

“Ons gaan ons dag met vier ure aan­skuif. Ons sal eers elf­uur in die og­gend op­staan en dan ont­byt eet. Ons sal eers so teen 23:00 of 23:30 aand­e­te eet. Die ou­ens sal eers so hier teen een­uur in die nag gaan slaap. Toe ons in Syd­ney was, het hier­die stel­sel baie goed ge­werk,” sê De Bruin.

Die ver­wag­te tem­pe­ra­tuur wan­neer die eind­stryd Sa­ter­dag­aand (Sa­ter­dag­og­gend 09:35, SA tyd) af­skop, sal maar ’n baie skra­le ses gra­de Cel­si­us wees, met ’n wind van so­wat 20 km/h en selfs re­ën wat voor­spel word.

“Dit is ook ’n sta­di­on wat ná die aard­be­wing daar so ’n klom­pie ja­re ge­le­de meest­al uit staal­struk­tu­re be­staan en daar is nie be­ton­pa­vil­joe­ne nie. Daar­om waai die wind deur daar­die staal­struk­tu­re en maak dit sa­ke nog moei­li­ker op die speel­veld.

“Al­les en al­les is dit ’n won­der­li­ke plek om rug­by te gaan speel,” sê De Bruin.

“Hul on­der­steu­ners sit ook baie na­by aan die veld en maak ’n groot la­waai. Ons sal maar net in die oom­blik moet bly en slim moet speel. Die lei­ding op die veld gaan baie be­lang­rik wees, maar ge­luk­kig het ons in War­ren W­hi­te­ley die bes­te kap­tein in wê­reld­rug­by,” sê De Bruin.

Hy sê al is die Cru­sa­ders die oor­wel­di­gen­de guns­te­lin­ge, “is hul­le ook maar net vlees en bloed. Hul­le kan ook ont­se­nu word en dan in hul­self be­gin twy­fel.

“Niks sal on­moont­lik wees as ons net in ons­self bly glo nie,” sê De Bruin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.