Wit­klip

Kom er­vaar pu­re plaas by dié eeu oue wit­klip­huis bui­te Moor­rees­burg

Die Burger - - 1 - 082 928 1489. R1 500 per nag Bel Ro­nel­le by Fo­to’s: EDO PHOTOGRAPHY

Kyk, die N7 is tans ’n pyn in die la­e­rug­a­rea as jy van­af Kaap­stad deur­skiet Moor­rees­burg toe. Maar die dag as die man­ne en vroue klaar hier ge­wer­skaf het, gaan dit iets vir die boe­ke wees.

In­tus­sen moet jy maar ge­duld hê, want dis nog­al ’n ent­jie wat jy teen 60 km/h (of min­der) tus­sen­deur geel-en­swart-pad­bord­jies ver­by ­wap­pe­ren­de o­ran­je vlag­gies en op en­kel­baan­teer­pad moet ry.

Dis eg­ter gou ver­ge­te wan­neer jy die groen ko­ring­lan­de tus­sen Mal­mes­bu­ry en Moor­rees­burg voor jou uit­ge­strek sien lê (die re­ën was brood­no­dig hier ook). Mooi. Som­mer baie mooi. So­wat ’n uur na­dat ek uit Kaap­stad ge­ry het, kry ek die af­draai­pad na my eind­be­stem­ming. Die so­wat 2 km grond­pad is geen uit­da­ging nie – jy sal met ’n ge­wo­ne mo­tor hier kan ry.

Die Wit­klip-gas­te­plaas word wrag­gies om­ring deur graan- en ka­no­la­lan­de – iets wat ek graag in Sep­tem­ber sal wil aan­skou. Dié eeu oue plaas­huis is op die pro­duk­sie­plaas van M­öl­ler en Ro­nel­le Be­ster.

Die self­sorg­bly­plek is om­skep in ’n leef­huis wat so ver as moont­lik sy oor­spronk­lik­heid be­hou het. En dis goed, want dit dra by tot die plaas­er­va­ring. Met die in­trap­slag kry jy die leef­a­rea – hier­uit loop drie slaap­ka­mers. Stap jy deur, vind jy die kom­buis – hier kan jy ure lank sit en ge­sels ter­wyl jy die bin­ne­braai/ kag­gel op win­ter­aan­de aan­steek.

Al­les wat jy no­dig het, is hier – ’n gas­stoof, ys­kas en al­le eet­ge­rei, as­ook B­litz, vuur­hout­jies, kof­fie, tee, sui­ker, be­skuit, sout en pe­per.

Die bad­ka­mer, van­uit die kom­buis, is ruim met ’n groot stort. Buk maar net wan­neer jy deur­stap; die­ge­ne wat lan­ger as 1,78 m is, sal hul kop teen die deur­ko­syn stamp as hul­le nie op­let nie.

Van­uit die kom­buis loop die op­was­a­rea uit op nóg ’n slaap-ka­mer en die ag­ter­stoep. Hier kui­er jy. Ver­al wan­neer die swem­bad­jie warm ge­stook word met die hout (as jy al by KolKol dus­kant Bot­ri­vier was, sal jy hier­die hout­ge­stook­te warm­bad­dens ken). Net dus­kant die swem­bad is die vuur­maak­plek.

Hier het jy ’n uit­sig oor die plaas, die ber­ge en lan­de­rye. Teen sons­on­der­gang hoor ’n mens die trek­kers wat te­rug­ge­ry word stoor toe, klaar ge­werk vir die dag. En wan­neer die don­ker­te die plaas om­hels, is die ster­re bo­kant jou net so mooi soos die Ka­roo s’n.

Hoe­veel kos dit?

Meer in­lig­ting: Dís mos nou pu­re plaas. ’n Kop­pie boe­re­troos, be­skuit en sa­lig­heid. Ná die win­ter­re­ën het die tuin­tjie by die voor­deur weer mooi reg­ge­kom, ver­tel Ro­nel­le Be­ster, ei­e­naar van die Wit­klip-gas­te­huis bui­te Moor­rees­burg. Dié self­sor­ghui­sie is in le­wen­de ly­we net so i­dil­lies soos dit op die fo­to lyk.

‘‘

En wan­neer die don­ker­te die plaas om­hels, is die ster­re bo­kant jou net so mooi soos die Ka­roo s’n.

Die kom­buis smeek vir ’n kui­er om dié ta­fel en die bin­ne­braai móét uit­ge­toets word!

Fo­to: EDO PHOTOGRAPHY

Kyk, hier­die swem­bad­jie is heer­lik in die so­mer (dit raak báie warm in die Swart­land), maar in die win­ter is hy nog lek­ker­der dank­sy die stook­pro­ses wat die wa­ter ver­hit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.