Goed om te weet

Die Burger - - 3 -

■ Hoe­wel hier e­lek­trie­se krag­pun­te is vir toe­stel­le soos haar­dro­ërs en sel­foon­laai­ers, word ’n groot deel van die huis be­lig deur pa­raf­fien­lam­pe en ker­se. Daar is bed­lam­pies in die ka­mers.

■ Hier is geen Wi-Fi nie, maar wel sel­foon­ont­vangs.

■ Hier is vier slaap­ka­mers. Twee hier­van het ’n dub­bel­bed, een net ’n en­kel­bed en een ’n ko­ning­groot­te bed en en­kel­bed.

■ Hier is lek­ker bord­spe­le­tjies as jy en die fa­mi­lie laat­aand, ná die braai, om die kom­buis­ta­fel en son­der sel­fo­ne saam wil kui­er.

■ Neem die vry­moe­dig­heid om die plaas te ver­ken – hier is ’n paar kron­kel­paaie wat jou deur die ko­ring­lan­de neem en uit­sig­te bied wat af­ge­neem moet word.

■ Die Be­sters se plaas­huis is ’n paar me­ter van die gas­te­huis. As jy dus hulp no­dig het met wat ook al, sal dit spoe­dig wees.

■ Die plaas is sen­traal. Dus is dag­uit­stap­pies na Ko­ring­berg, die Mis­ver­stand­dam, Pi­ket­berg, Rie­beek­val­lei en Dar­ling mak­lik. As jy eg­ter net op die plaas wil ver­toef, stel ek voor jy sit op die stoep (of in die swem­bad) met ’n goeie boek en ’n gla­sie wat-ook-al-jy-ver­kies en rus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.