Ma­trieks se laaste dag: Bring die sne­sies

Die Burger - - Front Page - War­da Mey­er

Al­te­saam 66 237 ma­triek­kan­di­da­te sal hul fi­na­le na­si­o­na­le se­ni­or ser­ti­fi­kaat-ek­sa­men in 457 ek­sa­men­sen­trums in die Wes-Kaap af­lê.

Die Wes-Kaap­se on­der­wys­de­par­te­ment (WKOD) sê daar is 53 764 vol­tyd­se kan­di­da­te en 12 473 deel­tyd­se kan­di­da­te wat ek­sa­men gaan skryf.

Bron­agh Ham­mond, die woord­voer­der van die Wes-Kaap­se on­der­wys­de­par­te­ment, het ge­sê prak­tie­se ek­sa­mens be­gin Maan­dag wan­neer 8 278 kan­di­da­te – 8 072 vol­tyd­se en 206 deel­tyd­se kan­di­da­te – re­ke­naar­toe­pas­sings­teg­no­lo­gie skryf.

Dins­dag sal 955 leer­lin­ge in­lig­tings­teg­no­lo­gie skryf.

Ham­mond sê ge­skre­we ek­sa­mens sal op 22 Ok­to­ber met ver­skil­len­de ta­le be­gin en op 28 No­vem­ber af­sluit.

Sy sê die mees­te ma­tri­ku­lan­te sal eers op 23 Ok­to­ber be­gin met En­gels as hul eer­ste vra­e­stel.

Die de­par­te­ment het ma­tri­ku­lan­te voor­spoed toe­ge­wens vir hul eind­ek­sa­men na­dat hul­le gis­ter hul laaste skool­dag by­ge­woon het.

Ham­mond sê ter­wyl die dag ’n op­win­den­de en hartseer dag vir gr. 12-leer­lin­ge is, het hul­le nou die laaste hoofstuk van hul skool­loop­baan be­gin.

“Ons hoop dat hul­le hier­die oor­bly­wen­de tyd ver­stan­dig sal ge­bruik en ve­ral sal fo­kus op vak­ke waar­mee hul­le suk­kel.”

In­tus­sen het Deb­bie S­chä­fer, die Wes-Kaap­se LUR van on­der­wys, ge­sê die de­par­te­ment is ge­reed vir e­ni­ge ge­beur­lik­heid wat ty­dens vol­gen­de week se ek­sa­mens kan plaas­vind.

S­chä­fer sê twee ek­sa­men­ses­sies is vir elke dag ge­ske­du­leer. Die og­gend­ses­sie sal om 09:00 be­gin en die mid­dag­ses­sie om 14:00.

“Om e­ni­ge be­plan­de krag­on­der­bre­kings te ver­my, het die de­par­te­ment met E­s­kom en ook be­trok­ke mu­ni­si­pa­li­tei­te ver­ga­der so­dat die re­ke­naar­toe­pas­sings­teg­no­lo­gi­een in­lig­tings­teg­no­lo­gie-ek­sa­mens nie ont­wrig sal word nie,” sê S­chä­fer.

Sy sê E­s­kom het aan­ge­dui dat hul­le die ma­triek­ek­sa­mens as ’n ker­nak­ti­wi­teit in die pro­vin­sie be­skou en ge­volg­lik geen be­plan­de krag­on­der­bre­kings op 15 en 16 Ok­to­ber sal hê nie.

Die LUR sê in­dien ’n ek­sa­men wel ge­kan­sel­leer moet word weens ’n krag­on­der­bre­king, moet die kan­di­da­te die re­ser­we­vra­e­stel af­lê op ’n da­tum wat deur die na­si­o­na­le de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys be­paal sal word.

Kan­di­da­te is in­ge­lig dat hul­le be­skik­baar moet wees tot 12 De­sem­ber, die laaste dag van die skool­ter­myn, vir in­ge­val hul­le ’n vak moet her­skryf.

“Ek wens al­le ma­tri­ku­lan­te voor­spoed toe met die ko­men­de ek­sa­men,” sê S­chä­fer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.