1932-2018 PIK Wyd ge­prys en ver­pes

Pik­ Botha,­ in­ ’n­ sta­di­um­ die­ langs­die­nen­de­ mi­nis­ter­ van­ bui­te­land­se­ sa­ke­ ter­wê­reld,­ is­ gis­ter­ op­ 86­ jaar­ in­ sy­ slaap­ in­ P­re­to­ria­ dood.­ Sa­rel­ van­ der­ Walt­ ver­teloor­ dié­ kleur­ry­ke­ po­li­ti­kus­ wat­ deur­ som­mi­ge­ ver­pes­ en­ deur

Die Burger - - Front Page -

Pik Botha se s­to­rie is deel van dié van Suid-A­fri­ka, skryf T­he­re­sa Pa­pen­fus in haar om­vang­ry­ke bi­o­gra­fie Pik Botha en sy tyd.

Roe­lof F­re­de­rik Botha het in die so­wat 30 jaar voor­dat die eer­ste de­mo­kra­tie­se ver­kie­sing in die land ge­hou is, diep spo­re in die Suid-Afrikaanse ge­skie­de­nis ge­trap.

Hy het sy stem­pel af­ge­druk as ’n jong ad­vo­kaat in die hof­saal van die Wê­reld­hof in Den Haag, Ne­der­land, in 1965; as am­bas­sa­deur by die Ver­e­nig­de Na­sies (VN) in New York; deur sy be­trok­ken­heid by die ja­re­lan­ge on­der­han­de­lin­ge oor die on­af­hank­lik­heid van R­ho­de­sië (Zim­bab­we) en die eer­tyd­se Suid­wes-A­fri­ka (Na­mi­bië); as par­le­ments­lid van die NP; en as lid van die ka­bi­net­te van John Vor­ster, PW Botha, FW de K­lerk en ui­t­ein­de­lik Nel­son Man­de­la.

Vir baie was Botha ’n volks­held, vir an­der eer­der ’n ver­raai­er, man­tel­draai­er en op­por­tu­nis.

Ve­ral die kon­ser­wa­tie­wes het niks van hom ge­hou nie. Hul­le het hom Pik Swart ge­noem.

Hy is ook be­skryf as ’n kuns­te­naar, skry­wer, fi­lo­soof, dig­ter en ro­man­ti­kus wat ge­mak­lik was in die ge­sel­skap van wê­reld­lei­ers.

Daar is baie ge­skin­der oor sy lief­de vir vroue en drank.

In die laaste ja­re was hy ook ’n groot aan­han­ger van die B­rit­se fi­si­kus prof. S­te­phen Ha­w­king en het graag ge­fi­lo­so­feer oor wat ná die dood ge­beur.

Dik­wels­ in­ die­ sop

Hoe­wel Botha as am­bas­sa­deur by die VN en as mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke die NP-re­ge­ring se a­part­heids­be­leid moes ver­de­dig, sal hy onthou word as een van die sleu­tel­rol­spe­lers wat die NP ge­help het om van koers te ver­an­der en a­part­heid te be­ëin­dig.

Sy uit­la­tings dat hy nie vir ’n a­part­heids­bord­jie in ’n hys­bak sou sterf nie en Suid-A­fri­ka in die toe­koms ’n swart p­re­si­dent sou kry, het hom des­tyds in groot moei­lik­heid laat be­land. Oud­pres. FW de K­lerk, wat die ANC op 2 Fe­bru­a­rie 1990 ont­ban het, het aan Pa­pen­fus ge­sê Botha was ’n “weg­be­rei­der en ’n sleu­tel­fi­guur” in die aan­loop tot dié ge­skied­kun­di­ge dag.

Botha is op 27 A­pril 1932 in die Paul Kruger-ge­denk­hos­pi­taal in Rus­ten­burg in Noord­wes ge­bo­re.

Hy het aan Tuk­kies stu­deer, waar hy ’n ra­sie­lei­er was en het hom by die de­par­te­ment van bui­te­land­se sa­ke aan­ge­sluit na­dat hy sy LLB-graad ver­werf het.

In 1956 is hy na die Suid-Afrikaanse mis­sie in S­tock­holm, S­we­de, uit­ge­plaas voor­dat hy in 1960 na die Suid-Afrikaanse am­bas­sa­de in Keu­len in die eer­tyd­se Wes-Duits­land oor­ge­plaas is.

Botha het van 1963 tot 1965 op die voor­grond ge­tree toe hy as ’n jong ad­vo­kaat lid was van Suid-A­fri­ka se reg­span wat by die Wê­reld­hof in Den Haag op­ge­tree het oor Suid-A­fri­ka se reg om Suid­wes-A­fri­ka te ad­mi­nis­treer.

Suid-A­fri­ka het die saak ge­wen. In 1970 het Botha die po­li­tiek be­tree en is as NP-lid vir die kies­af­de­ling Won­der­boom par­le­ment toe.

In 1975 het hy Suid-A­fri­ka se am­bas­sa­deur in die VSA en by die VN ge­word.

In dié tyd het Suid-A­fri­ka te­le­vi­sie ge­kry en het ons ge­reeld ’n veg­lus­ti­ge Botha in die VN-raad­saal in New York in ak­sie ge­sien.

Die wêreld het ook van hom ken­nis ge­neem.

In 1977 het John Vor­ster hom as mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke aan­ge­stel en het hy LV vir die kies­af­de­ling We­st­de­ne in die wes­te van Jo­han­nes­burg ge­word. Hy sou dié kies­af­de­ling tot en met 1994 ver­teen­woor­dig.

Mi­nis­ter­ in­ Man­de­la-ka­bi­net­

Botha het in sy nu­we amp al hoe meer be­trok­ke ge­raak by die on­der­han­de­lin­ge oor R­ho­de­sië en Suid­wesA­fri­ka. Vir baie mense was die naam Pik Botha en die woor­de “re­so­lu­sie 435 van die Ver­e­nig­de Na­sies oor Suid­wes-A­fri­ka” si­no­niem.

Ons het dié woor­de by­na elke dag op die ra­dio en te­le­vi­sie oor sy lip­pe hoor kom.

Toe PW Botha in 1978 by John Vor­ster oor­neem as eer­ste mi­nis­ter, het Pik Botha mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke ge­bly.

In dié tyd het hy on­der meer ’n sleu­tel­rol ge­speel in die on­der­te­ke­ning in 1984 van die ge­skied­kun­di­ge N­ko­ma­ti-ver­drag tus­sen Suid-A­fri­ka en Mo­sam­biek.

Die vol­gen­de jaar het hy help skryf aan PW Botha se be­lang­heb­ben­de toe­spraak oor stap­pe wat sou lei tot die uit­ein­de­li­ke vry­la­ting van Nel­son Man­de­la.

PW Botha het dié toe­spraak eg­ter ver­werp en sy eie Ru­bi­con-toe­spraak ge­le­wer, wat wê­reld­wyd baie ne­ga­tief ont­vang is.

De K­lerk het hom la­ter ook as mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke be­hou en hy het tot en met die eer­ste de­mo­kra­tie­se ver­kie­sing in 1994 as SuidA­fri­ka se voor­ste di­plo­maat ge­dien.

Ná dié ver­kie­sing het hy in oud­pres. Nel­son Man­de­la se ka­bi­net as mi­nis­ter van mi­ne­ra­le- en e­ner­gie­sa­ke ge­dien.

Botha het uit die po­li­tiek ge­tree toe die NP in 1996 uit die re­ge­ring van na­si­o­na­le een­heid ge­tree het.

Nie­ staats­hoof­ma­te­ri­aal­ nie

Pik Botha het twee keer aan die ver­kie­sing om die lei­er­skap van die NP deel­ge­neem.

Die eer­ste keer was in 1978, toe Vor­ster uit­ge­tree het. Maar Botha kon nie hond haar­af maak nie en PW Botha het ge­wen.

Botha het ook in 1989 ná PW Botha se uit­tre­de aan die lei­er­skaps­ver­kie­sing van die NP deel­ge­neem teen FW de K­lerk en Ba­rend du P­les­sis, maar hy is in die eer­ste ron­de reeds uit­ge­ska­kel.

De K­lerk het p­re­si­dent ge­word. Du P­les­sis, ’n goeie vriend van Botha, het aan Pa­pen­fus ge­sê dis Pik Botha, wat in 1992 Trans­vaal­se lei­er van die NP ge­word het, se eie skuld dat hy nooit p­re­si­dent ge­word het nie.

“Pik het geen aan­dag aan die man­ne in die kou­kus ge­gee nie. Sy vrien­de het hom ge­waar­sku. Maar hy wou nie luis­ter nie,” sê Du P­les­sis.

De K­lerk meen Botha het nie die ei­en­skap­pe van ’n staats­hoof ge­had nie.

“Ek was oor­tuig dat hy nie oor die ei­en­skap­pe – in­slui­tend e­mo­si­o­ne­le sta­bi­li­teit – be­skik het om die land te lei nie.”

Hoe­wel Botha vir baie mense die “lief­ling van die volk” was, het nie al­mal oog­ha­re vir hom ge­had nie.

Adv. Tom Lang­ley, des­tyds die Kon­ser­wa­tie­we Par­ty se woord­voer­der oor bui­te­land­se sa­ke, het hom “Die Pik­ke­wyn” ge­noem.

Botha se by­naam op skool (die Ho­ër Volk­skool in Pot­chef­stroom) was “Pik­ke­wyn”.

“Pik Botha is géén on­der­han­de­laar nie.

“Hy kan nie punt vir punt de­bat­teer nie. In so ’n si­tu­a­sie is hy vin­nig in ’n hoek.”

Lang­ley het ge­sê Botha was ’n “sho­w­man”.

Lt.genl. Hein du Toit, ’n voor­ma­li­ge hoof van mi­li­tê­re in­tel­li­gen­sie, het Botha be­skryf as ’n “ver­skrik­li­ke aan­dag­soe­ker en heel­te­mal on­be­trou­baar”. “’n Groot­bek met min om die lyf.”

Wy­le genl. Magnus Ma­lan, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van ver­de­di­ging wat lank ’n ka­bi­nets­kol­le­ga van Botha was, het vol­gens Pa­pen­fus met ’n glim­lag ge­sê: “Pik soek cen­t­re sta­ge.

“Hy wil die bruid op elke troue wees, die lyk op elke be­graf­nis.”

Nu­we­ be­na­de­ring­ in­ Na­mi­bië

Maar daar was an­der wat net die grootste re­spek vir hom ge­had het.

C­hes­ter Croc­ker, ’n voor­ma­li­ge A­me­ri­kaan­se ad­junk­mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke vir A­fri­ka, wat oor baie ja­re ty­dens die on­der­han­de­lin­ge oor An­go­la en Na­mi­bië ge­reeld met hom te ma­ke ge­kry het, sê Botha was ’n man van ve­le fa­set­te.

“Op ’n ma­nier het sy per­soon­lik­heid ons al­tyd ge­tref as gro­ter as le­wens­groot.”

Croc­ker sê een van die maat­staw­we vir ’n lei­er is die ge­hal­te van die mense om hom. “Pik Botha is by­ge­staan deur hoogs be­kwa­me, skerp­sin­ni­ge lui­te­nan­te en as­sis­ten­te.”

On­der hul­le was drr. Brand Fou­rie en Neil van Heer­den.

Dr. Bout­ros Bout­ros-G­ha­li, ’n voor­ma­li­ge se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die VN, meen Botha se by­drae het SuidA­fri­ka des­tyds ’n groot rol­spe­ler op die A­fri­ka-to­neel ge­maak.

“Ek was nog­al be­ïn­druk deur sy eer­lik­heid, moed en po­li­tie­ke wil om die ver­skil­len­de pro­ble­me aan te pak wat sy land be­leef het.”

Genl. Jan­nie Gel­den­huys, wat eers as be­vel­voe­ren­de ge­ne­raal van die kom­man­de­ment Suid­wes-A­fri­ka en die SWA ge­bieds­mag en la­ter as weer­mag­hoof ten nou­ste met hom saam­ge­werk het in die vre­des­pro­ses in Na­mi­bië en An­go­la, noem Botha in sy boek Dié wat ge­wen het ’n su­per­di­plo­maat de lux.

“Hy is ’n man wat op sy voe­te dink. Hy is buig­saam. Hy is on­voor­spel­baar. Hy kom met ver­ras­sings. Hy ver­ras ook sy eie mense.”

Gel­den­huys ver­tel ty­dens on­der­han­de­lin­ge tus­sen Suid-A­fri­ka, die VSA en An­go­la in Lu­sa­ka, Zam­bië, het Botha die klimaat voor­af “ge­lees” en op ’n nu­we be­na­de­ring be­sluit.

“Ek het nie daar­van ge­weet nie. Toe die werk­li­ke kon­fe­ren­sie be­gin, te­ken ek prent­jies in my no­ta­boek, want ek weet mos wat Pik Botha gaan sê.

“Maar hy trek daar weg met sy dik a­koes­tie­se stem en ont­voer die gehoor op ’n span­nen­de ge­skie­de­nis­toer.

“Hy be­to­wer hul­le. Hy ver­tel boei­end en drif­tig en met tergende tus­sen­po­se hoe die Suid-Afrikaanse re­pu­blie­ke die aan­slag van Groot-B­rit­tan­je, die mag­tig­ste wê­reld­moond­heid van die tyd, drie jaar lank van 1899 tot 1902 ge­trot­seer het. En so aan.

“Die res van die kon­fe­ren­sie is ge­skie­de­nis. ’n Oor­een­koms is suk­ses­vol be­reik,” skryf Gel­den­huys.

Par­le­ment­ ‘taam­lik­ ver­ve­lig’

Wy­le Da­nie Hough, eer­tyd­se ad­mi­nis­tra­teur-ge­ne­raal van Suid­wes-A­fri­ka en die laaste ad­mi­nis­tra­teur van Trans­vaal, was ’n goeie vriend van Botha. Hul­le het ge­reeld laat­nag om ’n Bos­veld­vuur op Hough se plaas ge­fi­lo­so­feer.

“Ek be­doel dit in die bes­te sin van die woord: In ’n ma­te is hy ’n to­neel­spe­ler. Hy kan ’n gehoor lees, ’n si­tu­a­sie op­som en dan met lyf­taal, te­a­tra­le ge­ba­re en stem­toon mense aan sy kant kry.”

Prof. Ma­ri­nus Wie­chers, ’n staat­sen vol­ke­reg­ken­ner wat on­langs oor­le­de is, skryf in die voor­woord van Pa­pen­fus se boek: “Vir Pik Botha wat die groot raad­sa­le van die wêreld ge­woond was, was die par­le­ment taam­lik ver­ve­lig”.

“Dit het hom, die storm­ram van die par­ty (die NP), nie weer­hou om kaal­vuis op die ver­kie­sings­ver­hoë o­ral oor, tot in die uit­hoe­ke van die land, te klim en te de­kla­meer nie. Om die stem­vee be­wus te maak van die aard­skud­den­de ver­an­de­rin­ge wat net sou moes kom.”

Botha se eer­ste vrou, He­le­na, met wie hy 43 jaar ge­troud was, is in 1996 dood. Hy is in 1998 met Ina Jou­bert ge­troud.

Botha het Pa­pen­fus se bi­o­gra­fie nooit ge­mag­tig nie, maar ook nie teen­ge­staan nie. Eint­lik was hy baie trots op die boek.

Toe dié joer­na­lis ja­re ge­le­de as Me­dia24 se kor­re­spon­dent in Lon­den die ge­leent­heid ge­kry het om ’n on­der­houd te voer met lord Peter Car­ring­ton, die eer­tyd­se B­rit­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke wat ’n sleu­tel­rol in die on­der­han­de­lin­ge oor die on­af­hank­lik­wor­ding van Zim­bab­we ge­speel het, het ek Botha in P­re­to­ria ge­bel vir ag­ter­grond-in­lig­ting.

Botha het lek­ker ge­sels. Teen die ein­de van die ge­sprek het Botha ge­sê: “Man, ter­wyl jy daar by die lord is, sê vir hom daar word ’n boek oor my ge­skryf. Vra hom of hy be­reid is om iets oor my te sê.”

Toe ek dié ver­soek ty­dens die on­der­houd met Car­ring­ton by sy huis in South Ken­sing­ton aan die lord oor­ge­dra het, het hy net kort­af ge­sê: “No!”

Dalk som Dirk Mudge, die voor­ma­li­ge DTA-lei­er in Na­mi­bië, Botha se loop­baan die bes­te op: “Pik het die kuns van po­li­tie­ke oor­le­wing goed be­mees­ter.”

‘‘

Hy­ wil­ die­ bruid­op­ elke­ trou­e­wees,­ die­ lyk­ o­pel­ke­ be­graf­nis.”

— WY­LE GENL. MAGNUS MA­LAN

■­ Van­ der­ Walt­ is­ ’n­ po­li­tie­ke­ joer­na­lis­van­ Netwerk24­ en­ Beeld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.