2 bel po­li­sie oor huis­braak; word ge­vang oor per­le­moen

Die Burger - - Front Page - – May­ge­ne de Wee

’n Man en ’n vrou is gis­ter in die vroeë og­gend­u­re weens die on­wet­ti­ge be­sit van per­le­moen by ’n huis in Mo­w­bray in heg­te­nis ge­neem na­dat die po­li­sie op ’n huis­braak-klag­te ge­re­a­geer het.

Daar is be­slag ge­lê op per­le­moen ter waar­de van so­wat R10 mil­joen.

Lt.kol. An­drè Traut, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê po­li­sie­le­de van die Mo­w­bray-po­li­sie­kan­toor is ont­bied na ’n huis­roof in St­ru­bens­weg, Mow­bray. By die huis het hul­le be­sef die per­seel word as ’n ver­wer­kings­aan­leg vir per­le­moen ge­bruik. Hul­le het die per­seel deur­soek en af­ge­kom op so­wel ver­werk­te as on­ver­werk­te per­le­moen, as­ook toe­rus­ting wat ge­bruik word om die per­le­moen te ver­werk.

Vol­gens Traut word dié per­le­moen na die bui­te­land uit­ge­voer.

Die man en vrou wat in heg­te­nis ge­neem is, het aan die po­li­sie ge­sê se­we mans het by die huis in­ge­breek en hul­le vas­ge­bind. Die mans het ge­vlug met per­le­moen wat hul­le ge­steel het.

Die twee, al­bei in hul 30’s, het alarm ge­maak na­dat die ro­wers ge­vlug het.

Hul­le sal Maan­dag in die land­dros­hof in Wynberg ver­skyn.

Foto: SAPD

Van die per­le­moen waar­op die po­li­sie gis­ter in ’n huis in Mo­w­bray be­slag ge­lê het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.