T­reu-on­der­soek werp ska­du op WP

Die Burger - - Front Page - S­te­phen Nell

Die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie se voor­be­rei­ding vir mô­re se be­lang­ri­ke Cur­rie­be­ker-rug­by­wed­stryd teen die Blou Bul­le op Lof­tus Vers­feld is van­dees­week deur die on­der­soek na die Paul T­reu-voor­val oor­ska­du.

Se­ni­or S­pring­bok­ke, as­ook top­spe­lers in die WP-s­pan, is in ’n ver­trek en­ke­le me­ter van die oe­fen­veld af deur ’n on­der­soek­be­amp­te uit­ge­vra oor die inhoud van ’n ver­slag wat deur ’n ge­grief­de T­reu saam­ge­stel is oor sy er­va­rin­ge in die S­tor­mers se be­stuur­span in die Su­per­reeks.

Vol­gens be­trou­ba­re bron­ne het die kwes­sie van ras­sis­me ook ter spra­ke ge­kom.

Daar is nou kom­mer oor hoe dit die WP se ver­to­nings kan raak in die pyl­vak van hul CB­veld­tog.

T­reu het in Ju­lie uit ’n her­sie­nings­ver­ga­de­ring van die S­tor­mers se mis­luk­te Su­per­rug­by­veld­tog ge­storm en glo ge­sê dat hy “ge­noeg daar­van ge­had het om sleg be­han­del te word en dit nie meer gaan vat nie”.

Hy ver­wys glo in sy ver­slag van 26 bladsye on­der meer na voor­val­le waar hy meen hy die slag­of­fer van uit­slui­ting en dis­kri­mi­na­sie was. Vol­gens Die Bur­ger se bron­ne sluit dit in wan­neer van sy in­set­te ge­ïg­no­reer en hy in span­ver­ga­de­rings in die re­de ge­val is.

T­reu en die Nieu-See­land­se hulp­af­rig­ter, Paul Feen­ey, se por­te­feul­jes as hulp­af­rig­ters het oor­vleu­el en die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, het glo die Ki­wi se in­set­te na gro­ter waar­de ge­skat.

Feen­ey sal waar­skyn­lik aan­staan­de jaar nie meer ’n lid van die S­tor­mers se be­stuur­span wees nie. Die WP het hom toe­die stem­ming ge­gee om met an­der moont­li­ke werk­ge­wers te on­der­han­del en daar word be­trou­baar ver­neem dat hy ver­le­de week in Wal­lis was.

Dis ook hoogs on­waar­skyn­lik dat F­leck en T­reu weer saam sal kan werk. T­reu is be­trok­ke by die af­rig­ting van die WP se o.21span en soos sa­ke staan, is F­leck nog in die saal as af­rig­ter van die S­tor­mers.

Ten­sy F­leck op sy eie be­sluit om te loop, is die ver­wag­ting dat le­de van die WP se af­rig­ting­span hom sal by­staan.

Spe­lers ge­niet dit so om on­der WP se Cur­rie­be­ker-af­rig­ter, John Dob­son, te speel dat van hul­le nou hul kon­trak­te wil ver­leng.

Ag­ter die skerms is die WP ’n prent­jie van wis­pel­tu­rig­heid. Daar is op raads­vlak groot ver­deeld­heid in die aan­loop tot die WP se jaar­ver­ga­de­ring aan­staan­de maand.

Die Bur­ger het ver­neem dat daar ’n fak­sie is wat die uit­voe­ren­de hoof, Paul Zacks, doel­be­wus dwars­boom tot ’n punt waar dit moont­li­ke in­kom­ste­stro­me vir die WP be­lem­mer.

Daar word be­spie­gel dat die WP se geld aan die ein­de van dié maand op kan wees. Die so­wat R44 mil­joen wat die WP aan die ein­de van 2016 by die sa­ke­reus Rem­gro ge­leen het, gaar nou al twee jaar lank ren­te op teen pri­ma koers.

Die WP Rug­by­u­nie hou op 26 No­vem­ber ver­kie­sing vir nu­we amps­dra­ers met T­he­lo Wa­ke­field se ter­myn as p­re­si­dent wat ver­stryk. Sy ad­junk, Zelt Ma­rais, en die sa­ke­man en na­si­o­na­le keur­der Peter Joos­te gaan glo in die wed­loop om die pre­si­dent­skap wees.

On­danks al die woe­lin­ge ag­ter die skerms kan dit op die veld met die WP be­swaar­lik be­ter gaan. Die Ka­pe­naars speel straks die aan­trek­lik­ste rug­by se­dert Da­wie Sny­man se S­treep­truie die Cur­rie­be­ker van 1982-’86 vyf keer ag­ter­een­vol­gens ver­o­wer het.

Dis reeds se­ker dat die WP aan­staan­de week ’n tuis­half­eind­stryd gaan speel. Die S­treep­truie kan mô­re op Lof­tus teen die Blou Bul­le se­ker maak dat hul­le bo­aan die pun­te­lys ein­dig, wat die u­nie die fi­nan­si­ë­le in­spui­ting van ’n tuis­eind­stryd kan gee as hul­le aan­staan­de week wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.