WP t. Bul­le ‘Speel om te wen, nie vir 1 liga­punt’

Die Burger - - Front Page - S­te­phen Nell

Die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie hoop om die oë te laat rek met die rug­by wat hy in van­mid­dag se Cur­rie­be­ker-wed­stryd teen die Blou Bul­le op Lof­tus Vers­feld in P­re­to­ria gaan op­dis.

“Ons be­na­de­ring vir hier­die wed­stryd is niks an­ders nie as om daar­heen te gaan en ’n groot ver­to­ning te le­wer,” sê Chris van Zyl, die WP se kap­tein.

“Ons is baie self­kri­ties en voel dat ons in ons laaste wed­stry­de teen die Haaie nie vol­doen het aan die stan­daar­de wat ons vir ons­self ge­stel het nie. Ons was in ’n paar a­re­as nie waf­fers nie, so ons is geen­sins ge­mak­lik met ons­self nie.”

Die WP het daar­die krag­me­ting op Nu­we­land met 50-28 ge­wen, maar het deur swak dis­si­pli­ne na­by daar­aan ge­kom om ’n voor­sprong van 31-7 weg te smyt. ’n Te­rug­veg­po­ging het die Haaie tot by 31-28 uit­ge­bring voor­dat die WP weer be­heer ge­neem het.

Met die af­skop sal die WP weet of hy ’n liga­punt no­dig het om bo­aan die pun­te­lys te ein­dig. As die Haaie vyf liga­pun­te uit hul wed­stryd teen G­rie­kwas in Kim­ber­ley kry, sal hul­le met af­skop bo die WP op die pun­te­lys wees.

“Ek dink nie dis in e­nig­een van ons se ge­dag­tes om Lof­tus toe te gaan vir ’n en­ke­le liga­punt nie. Die plan is om or­dent­li­ke rug­by daar te speel en te wen. Ons voel dis be­lang­rik om voor die half­eind­ron­de mo­men­tum te kry en ken­nis te gee van wat ons kan doen,” sê Van Zyl.

’n Lo­gie­se roe­te vir die Bul­le om die mo­men­tum uit die WP se snel­lers te haal, is om deur hul vaar­di­ge los­voor­spe­lers be­sit by die af­breek­pun­te te ver­traag of om te keer.

Die WP weet eg­ter wat kom en John Dob­son, af­rig­ter, het nie sla­pe­lo­se nag­te nie.

“Sik­hum­bu­zo Nots­he het met sy te­rug­keer van die Bok­ke vir ons ge­sê hoe uit­ste­kend Mar­co van S­ta­den as ’n bal­jag­ter is. Ru­an Steenkamp is ook baie goed oor die bal,” sê Dob­son oor die Bul­le se bal­die­we.

“Die s­ta­tis­tie­ke dui wel dat ons vin­ni­ger be­sit as e­ni­ge an­der s­pan by die af­breek­pun­te kry en ons be­sit ook die vei­lig­ste daar is. Ons werk baie hard aan los­skrums skoon­maak. Ernst van R­hyn sal 40-plus los­skrums in ’n wed­stryd skoon­maak.”

Vir die WP sal Herschel Jan­tjies, skrum­ska­kel, se ver­to­ning be­lang­rik wees. Die Ka­pe­naars het baie er­va­ring in­ge­boet met ’n be­se­ring aan die ve­te­raan Ja­no Vermaak. Jan­tjies en die man wat hom waar­skyn­lik deur die loop van die wed­stryd gaan ver­vang, Paul de Wet, gaan in I­van van Zyl en Em­bro­se Pa­pier teen S­pring­bok-skrum­ska­kels speel.

Ver­wag maar dat die WP se buk­sies on­der baie druk gaan wees.

Daar wag ook ’n groot stryd van die los­ska­kels. Die Bul­le se Ma­nie Lib­bok toon van­jaar baie po­ten­si­aal en sal mo­ti­ve­ring daar­uit put dat Da­mi­an Wil­lem­se sy reg­streek­se teen­stan­der gaan wees.

Ver­wag maar dus dat die kwik op Lof­tus gaan styg. Don­der­storm of nie.

■ Blou Bul­le: Di­van Ros­souw, Jam­ba U­len­go, John­ny Kot­ze, Fran­co Nau­de, Ja­de S­tigh­ling, Ma­nie Lib­bok, I­van van Zyl, Han­ro Lie­ben­berg (k), Mar­co van S­ta­den, Ru­an Steenkamp, Eli Sny­man, Hen­dré S­tas­sen, T­re­vor Ny­a­ka­ne, Ja­co Vi­sa­gie, Matthys Bas­son. PLAAS­VER­VAN­GERS: Ed­gar Ma­rut­lul­le, Da­y­an van der West­hui­zen, Ru­an Nor­tjé, Nic de Ja­ger, Em­bro­se Pa­pier, Ti­nus de Beer, Dy­lan Sa­ge.

Wes­te­li­ke Pro­vin­sie: Dil­lyn Leyds, Ser­ge­al Petersen, Ru­han Nel, Dan du P­les­sis, SP Ma­rais, Da­mi­an Wil­lem­se, Herschel Jan­tjies, Sik­hum­bu­zo Nots­he, Ernst van R­hyn, Ko­bus van Dyk, JD S­chic­ker­ling, Chris van Zyl (k), Wil­co Louw, S­car­ra N­tu­be­ni, Ali Vermaak. PLAAS­VER­VAN­GERS: C­had So­lo­mon, Cay­lib Oost­hui­zen, Neeth­ling Fou­ché, Sal­maan Moe­rat, Ja­co Coetzee, Paul de Wet, Josh S­tan­der. S­keids­reg­ter: E­gon Se­conds. As­sis­tent-skeids­reg­ters: Ja­co P­re­to­ri­us en E­du­an Nel.

TV-s­keids­reg­ter: Pro Le­goe­te.

Foto: GALLO IMAGES

Herschel Jan­tjies moet Ja­no Vermaak se groot skoe­ne vol­staan as die WP se skrum­ska­kel in van­dag se Cur­rie­be­ker-wed­stryd teen die Blou Bul­le op Lof­tus Vers­feld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.