Jong mil­jar­dêr hel­der oor­dag ont­voer

Die Burger - - Front Page -

A­fri­ka se jong­ste mil­jar­dêr is Don­der­dag deur on­be­ken­de mans in Dar es Sa­laam ont­voer.

Mo­ham­med Dew­ji (43), ’n Tan­za­nie­se sa­ke­man en ei­e­naar en p­re­si­dent van Mo­ham­med En­ter­pri­ses Tan­za­nia Bpk. (MeTL-groep), ’n mul­ti­mil­jard-dol­lar-sa­ke­on­der­ne­ming, is ont­voer toe hy vir ’n og­gen­d­oe­fen­ses­sie by die gim­na­si­um van ’n luukse ho­tel in die s­tad aan­ge­kom het.

Vol­gens CNN is die ont­voer­ders bui­te­lan­ders wat toe­gang ge­kry het deur die gim­na­si­um se hek­ke wat na be­we­ring op­set­lik oop­ge­los is.

Paul Ma­kon­da, Dar es Sa­laam se streek­s­kom­mis­sa­ris, sê Dew­ji is deur twee mans ont­voer toe hy by die gim­na­si­um aan­ge­kom het.

Die BBC be­rig drie mense is in ver­band met die voor­val in heg­te­nis ge­neem.

Die mo­tief vir die ont­voe­ring is on­be­kend en waar Dew­ji, ’n pa van jong kinders, hom be­vind, is nie be­kend nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.