Tu­tu­sterk­tuis­aan­ná­tyd­in­hos­pi­taal­

Die Burger - - Pik Botha - War­da­ Mey­er

E­me­ri­tus-aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu is gis­ter uit die hos­pi­taal ont­slaan na­dat hy ver­le­de maand vir ’n reeks toet­se op­ge­neem is.

Die men­se­reg­te­ak­ti­vis en wen­ner van die No­bel­prys vir vre­de het Son­dag sy 87ste ver­jaar­dag in die hos­pi­taal ge­vier en kon ook nie die agt­ste jaar­lik­se Des­mond Tu­tu-vre­des­toe­spraak in Kaap­stad by­woon nie.

Die toe­spraak is deur pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa ge­le­wer.

Die Des­mond en Le­ah Tu­tu-stig­ting sê in ’n ver­kla­ring die aarts­bis­kop sterk nou by die huis aan.

Die Tu­tu-fa­mi­lie vier ook mô­re die 85ste ver­jaar­dag van die aarts­bis­kop se vrou, Le­ah.

Die stig­ting het al­mal be­dank vir hul ge­be­de en vir al die boodskappe waar­in Tu­tu ’n spoe­di­ge her­stel toe­ge­wens word.

Tu­tu word al lan­ger as ’n de­ka­de teen pro­staat­kan­ker be­han­del en hy was die laaste paar jaar ge­reeld in die hos­pi­taal.

Foto:­ LUCKY­ MORAJANE

E­me­ri­tus-aarts­bis­kop­ Tu­tu­ en­ Le­ah,­ sy­ vrou.­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.