Tra­ne vloei op laaste ma­triek­dag

Die Burger - - Aktueel - War­da Mey­er

Die tra­ne het ge­vloei toe ma­tri­ku­lan­te van Wes-Kaap­se ho­ër­sko­le gis­ter die laaste skool­dag van hul skool­loop­baan ge­vier het.

Ver­skeie sko­le het hul eie tra­di­sie vir dié dag ge­volg.

On­der­wy­sers van die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl het dit be­skryf as ’n “dag van baie laas­tes”.

De­rek Swart, die hoof van die skool, sê seuns in gr. 8 gaan aan die be­gin van die jaar op ’n kamp, wat af­ge­sluit word met ’n saal­by­een­koms waar­ty­dens elk­een aan die skool se ba­nier raak. Op hul laaste skool­dag stap die ma­trieks by die saal uit en elk­een raak weer aan die ba­nier waar­aan hul­le vyf jaar ge­le­de as gr. 8’s ge­raak het.

Na­dat die ma­trieks uit­ge­stap het, word die saal se deu­re ag­ter hul­le toe­ge­maak ter­wyl hul­le in die voor­por­taal saam­kom om vir ou­laas die skool­lied te sing. Die gr. 11’s neem dan die gr. 12’s se plek­ke in die saal in.

Jan­nie Mul­ler, die hoof van die Ho­ër­skool Brac­ken­fell, het in sy bood­skap aan Brak­kie­land se ma­trieks ge­sê: “Die ek­sa­men is vir jou ’n ge­leent­heid om rig­ting aan jou toe­koms te gee, ’n laaste kans om jou toe­koms­dro­me te ver­we­sen­lik. Dit kan vir jou deu­re oop­maak om jou dro­me te gaan uit­leef, maar dit kan ook deu­re toe­maak. Dit hang al­les net van jou­self af.”

By die Ho­ër­skool Jan van Rie­beeck is ’n e­re­wag vir die ma­trieks ge­hou en An­dré Franken, die hoof van die skool, het vir ou­laas die ma­trieks toe­ge­spreek.

“Ons slaag daar­in om ons kinders le­wens­vaar­dig­he­de te gee. Ons fo­kus deur hul he­le skool­loop­baan on­ge­loof­lik baie op waar­des. Hul­le stap baie toe­ge­rus die le­we in.”

Ge­or­ge Ger­mis­huys, die hoof van die Ho­ër­skool Dur­ban­vil­le, sê die ma­trieks en gr. 11’s loop op die laaste dag van skool die “on­der­wys­pad” van­af die skool na die Moe­der­kerk en weer te­rug.

“Op dié pad loop ons ver­by die ge­bou wat tot 1870 as die skool­ge­bou ge­dien het. Die doel hier­van is om ons een­heid met ge­slag­te voor ons te ge­denk en ons plek in die hi­ë­rar­gie van ge­slag­te in te neem.”

Daar­na volg ’n tee­par­ty vir die ma­trieks en hul ou­ers en ’n saal­by­een­koms waar die ma­trieks in­di­vi­du­eel van hul on­der­wy­sers af­skeid neem.

“Ná die ver­rig­tin­ge word die gr. 11-leer­lin­ge se­re­mo­ni­eel verwelkom as die nu­we se­ni­or klas van die skool.”

Charl S­choe­man, die hoof van Wor­ces­ter Gim­na­si­um, sê hul­le hou ’n pa­ra­de­dag wat ’n ja­re­lan­ge tra­di­sie is.

“Die eer­ste pa­ra­de­dag was in 1914 en gis­ter was die 104de vie­ring van die tra­di­sie waar ma­tri­ku­lan­te in Hoog­straat tot by die skool stap.”

By die Ho­ër­skool Vis­hoek het ma­trieks weer pret ge­had met hul aan­trek­dag, waar die skool se rug­by­span mei­sies se skool­kle­re dra ter­wyl an­der ma­tri­ku­lan­te in kos­tuums op­daag.

Foto:­ ADRIAN­ DE­ KOCK

Die ma­trieks van die Ho­ër­skool Jan van Rie­beeck ty­dens hul tra­di­si­o­ne­le wit­rok­dag.

Foto:­ VER­SKAF

Die Ho­ër­skool Dur­ban­vil­le se ma­trieks stap die “on­der­wys­pad” van­af die skool na die Moe­der­kerk­ge­bou en te­rug.

Foto:­ VER­SKAF

Brak­kie­land se ma­trieks stap by die saal uit.

Foto:­ EJ­ LANGNER

Ma­trieks raak aan die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl se ba­nier waar­aan hul­le vyf jaar ge­le­de as gr. 8’s ge­raak het aan die be­gin van hul loop­baan aan dié skool.

Foto:­VER­SKAF

Pa­ra­de­dag is Vry­dag die 104de keer by Wor­ces­ter Gim­na­si­um ge­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.