Reg­span­ne ‘moet oor­een­kom op ver­hoor­da­tum’

Die Burger - - Aktueel - May­ge­ne de Wee

Reg­ter De­rek Wil­le het gis­ter in die voor­ver­hoor van Alan Ra­ves en Irs­haad La­her ge­las dat die staat en die ver­de­di­ging op ’n ver­hoor­da­tum moet oor­een­kom.

Ra­ves, ’n vuur­wa­pen­han­de­laar van Ve­ree­ni­ging, en La­her, ’n Kaap­se sa­ke­man en die ver­meen­de mid­del­man in die saak, staan in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad te­reg op aan­klag­te van dief­stal, kor­rup­sie, die on­wet­ti­ge be­sit van vuur­wa­pens en am­mu­ni­sie, en ram­pok­ke­ry.

“Gaan sit en be­sluit op ’n ver­hoor­da­tum vir die vol­gen­de ter­myn,” het Wil­le aan die twee be­skul­dig­des se reg­span­ne ge­sê. Hy het die be­skul­dig­des ook ge­las om min­stens drie weke voor­dat die ver­hoor vol­gen­de jaar moet be­gin, ’n laaste voor­ver­hoor by te woon.

“Hier­die be­vel be­hoort jul­le nou ge­noeg tyd te gee om al jul kwes­sies ra­ken­de uit­staan­de do­ku­men­te uit te sor­teer,” het die reg­ter ge­sê.

La­her is glo die mid­del­man wat vuur­wa­pens – wat uit po­li­sie­be­sit ge­steel is – by Chris­ti­aan Prins­loo, ’n oud­ko­lo­nel in die po­li­sie, ge­koop het. Hy (La­her) het die vuur­wa­pens dan na be­we­ring aan ben­des op die Kaap­se Vlak­te ver­koop.

Prins­loo het oor ’n tyd­perk van so­wat tien jaar meer as 2 000 vuur­wa­pens uit po­li­sie­be­sit ge­steel. Hy is in 2016, ná ’n pleit­oor­een­koms met die staat, tronk­straf van 18 jaar op­ge­lê.

Ra­ves het glo in 2007 met Prins­loo be­gin saam­werk. Ra­ves se regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Estel­le Kil­li­an SC, het gis­ter ge­vra dat die saak teen haar kli­ënt te­rug­ge­trek word, of dat sy ver­hoor van dié van La­her ge­skei word.

Sy, as­ook adv. Pe­te Mi­ha­lik, wat La­her ver­teen­woor­dig, het aan­ge­voer die staats­aan­kla­er, adv. Chris­ti­aan de Jongh, het nog nie al die do­ku­men­te wat hul­le ver­soek het aan hul­le ge­gee nie.

De Jongh het hier­op ge­ant­woord die ver­de­di­ging wil die dos­sie­re van meer as 3 000 sa­ke ra­ken­de die ge­steel­de vuur­wa­pens hê, ’n “on­be­gon­ne taak”.

’n Vol­gen­de voor­ver­hoor­da­tum is nog nie be­kend nie.

Irs­haad La­her en Alan Ra­ves in die land­dros­hof in Bell­vil­le in 2016.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.