Ver­moor­de al in 2016 as ben­de se ‘huur­moor­de­naar’ ge­ëi­en

Die Burger - - Aktueel - May­ge­ne de Wee

’n Ver­meen­de huur­moor­de­naar wat twee weke ge­le­de in Bel­har dood­ge­skiet is, glo in op­drag van die ver­meen­de ben­de­baas Co­lin Booysen (51), is reeds in 2016 deur die po­li­sie as ’n huur­moor­de­naar ge­ëi­en.

Adrian Pie­ters was net 19 jaar oud toe hy in Ja­nu­a­rie 2016 deur kol. Ed­die Clark in die land­dros­hof in Bell­vil­le as ’n huur­moor­de­naar vir die Sexy Boys van Bel­har be­skryf is.

Pie­ters het des­tyds ont­ken hy is ’n lid van die Sexy Boys, maar het er­ken hy is ’n lid van die 26’s-tronk­ben­de.

Pie­ters was vol­gens die 2016hof­saak ’n lid van die Ok­ka Boys. Die Ok­ka Boys het glo ’n noue ver­bin­te­nis met die Sexy Boys, wat na be­we­ring deur Booysen en sy ou­er broer, Je­ro­me (Don­kie) Booysen, ge­lei word.

Booysen, Cal­vin A­bels en Vuyo­sa­ni Ma­cing­wa­ne het ver­le­de Vry­dag in die land­dros­hof in Bell­vil­le, Kaap­stad, ver­skyn in ver­band met die moord op Pie­ters.

Dié saak is her­haal­de­lik uit­ge­stel so­dat ’n ge­van­ge­nis ge­vind kon word wat al drie mans sal toe­laat, ter­wyl hul reg­span ge­du­rig kap­sie ge­maak het teen ge­van­ge­nis­se wat deur die staat voor­ge­stel is.

Ui­t­ein­de­lik het die staat ge­re­ël dat die mans in die Dra­ken­stein-, Mal­mes­bu­ry- en Good­wood-ge­van­ge­nis aan­ge­hou sal word.

Hul­le sal weer Woens­dag in die hof ver­skyn vir hul borg­to­gaan­soe­ke.

Adrian Pie­ters met ’n Uz­zi-vuur­wa­pen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.