‘Po­li­sie laat hul­le nie af­skrik’

Die Burger - - Aktueel - War­da Mey­er

Die po­li­sie­be­stuur in die WesKaap sê hul­le sal hul­le nie laat af­skrik deur ben­de­le­de se drei­ge­men­te teen hul le­de nie.

’n Wil­de skie­te­ry het Don­der­dag­og­gend tus­sen ben­de­le­de en po­li­sie uit­ge­breek in die be­rug­te K­reef­gat-woon­buurt in Bon­te­heu­wel op die Kaap­se Vlak­te.

Vol­gens in­wo­ners het le­de van die Ter­ri­ble Jos­ters op die po­li­sie los­ge­brand toe die po­li­sie na ver­dag­tes gesoek het wat vroe­ër in ’n skiet­voor­val in Val­hal­la Park be­trok­ke was. ’n Man is in dié voor­val dood­ge­skiet.

Ben­de­le­de het kort daar­na ge­waar­sku dat die voor­val die be­gin van ’n bloed­bad teen kor­rup­te po­li­sie­le­de sal wees.

“Ons gaan die po­li­sie vrek­skiet, want hul­le gooi net nog o­lie op die vuur,” het hul­le vol­gens ’n bron ge­sê.

Lt.kol. An­drè Traut, ’n po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die po­li­sie is nie in ’n po­si­sie om kom­men­taar te le­wer op be­we­rings en drei­ge­men­te deur naam­lo­se, a­no­nie­me in­di­vi­due nie.

“Ons moe­dig mense wat die aan­ty­gings en drei­ge­men­te maak om na vo­re te kom met in­lig­ting so­dat daar on­der­soek in­ge­stel kan word. Tot dan sal ons aan­hou om ben­de­ver­wan­te en ge­weld­da­di­ge mis­da­de met al­le mag te be­veg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.