Kaap­stad hys weer die blou vlag hoog

Die Burger - - Aktueel - Mal­her­be­ Nie­na­ber­

Kaap­stad spog weer met die mees­te Blou­vlag-stran­de in die land, met tien stran­de wat dié ge­sog­te in­ter­na­si­o­na­le ak­kre­di­ta­sie ont­vang het.

Dit is gis­ter be­kend ge­maak as deel van die na­si­o­na­le Blou­vlag-pro­gram van die na­tuur­le­we-en-om­ge­wings­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (Wes­sa).

Blou­vlag-sta­tus word vir een sei­soen toe­ge­wys aan stran­de wat aan 33 ver­eis­tes vol­doen. Dit hou ver­band met wa­ter­ge­hal­te, om­ge­wings­be­stuur, vei­lig­heid en op­voe­ding en in­lig­ting oor die om­ge­wing wat aan­ge­bied word.

Vol­gens die Kaap­se me­tro­raad dui die Blou­vlag-sta­tus aan dat stran­de skoon is, vol­doen­de par­keer­plek en bad­ka­mers het, vei­lig is om te be­soek en aan in­ter­na­si­o­na­le en toe­ris­me­stan­daar­de vol­doen. Be­soe­kers aan stran­de word ge­maan om in die aan­ge­we­se ge­bie­de te s­wem en slegs as daar men­se­red­ders is.

Die me­tro­raad sê twee der­des van ver­drin­kings vind plaas weens die ge­drag van swem­mers en ’n be­roep word op strand­gan­gers ge­doen om nie drank saam te bring nie.

“Die dui­sen­de li­ter drank waar­op daar in die so­mer op stran­de be­slag ge­lê word, ge­tuig daar­van dat mense nie die wet of hul eie vei­lig­heid erns­tig ge­noeg op­neem nie.”

Van­jaar be­oog die me­tro­raad om 300 men­se­red­ders in die piek­sei­soen op Kaap­stad se stran­de te hê.

Die­ vol­gen­de­ stran­de­ het­ Blou­vlag-sta­tus­van­ 1­ De­sem­ber­ tot31­ Ja­nu­a­rie­ ont­vang:

Bi­ki­ni-s­trand; M­nan­di-s­trand; S­trand­fon­tein-s­trand (in Kaap­stad); Mui­zen­berg-s­trand; Vis­hoek-s­trand; L­lan­dud­no-s­trand; Kamps­baai-s­trand; C­lif­ton se vier­de s­trand; Melk­bos-s­trand; en Sil­wer­stroom-s­trand. Daar­by is Se­a­forth-s­trand in Si­mon­stad van­jaar ook voor­lo­pig tot ’n Blou­vlag-s­trand ver­klaar en kan dit amp­te­lik dié sta­tus ont­vang as die s­trand aan die ver­eis­tes vol­doen.

■ ■ ■ ■ ■ ■ ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.