Gie­ter en graaf is seun se speel­goed

Die Burger - - Aktueel - WELGEMOED. – – Nie­len de K­lerk

Jy gaan Johan Coet­zer (10) nie som­mer be­trap dat hy hom be­sig hou met vi­de­o­spe­le­tjies nie.

Om sok­ker op die TV te kyk is ook nie in sy kraal nie. Daar­voor is sy pas­sie vir tuin­maak en die­re net te groot.

So­veel so dat hy dik­wels vir Kers­fees gie­ters en gra­we as ge­skenk kry.

Sy ma, Ju­li­a­na, ver­tel sy en haar man, François, het nie een reg­tig ’n groot be­lang­stel­ling in tuin­maak nie. Hul an­der kind, En­ge (13), is ook nie ’n tuin­gees­drif­ti­ge nie.

“Johan het net nog al­tyd ’n groot be­lang­stel­ling in plan­te en die­re ge­had,” sê François. “Wan­neer ons op uit­stap­pies gaan en by plaas­stal­le­tjies stop, sal Johan al­tyd kyk vir ’n pot­plant wat op uit­ver­ko­ping is en dan een of twee met sy eie geld koop.”

Johan kyk dik­wels YouT­ube-vi­deo’s oor plan­te en die ver­sor­ging van die­re en het ’n ver­sa­me­ling tuin­bou­boe­ke.

Op ’n on­lang­se be­soek aan ’n wyn­plaas het Johan steg­gies by­me­kaar ge­maak om in sy gesin se vis­dam te laat groei. “’n Groot lek­ker­te is as hul­le S­to­dels toe kan gaan, want dan kan hy plan­te en saad koop.”

’n Paar jaar ge­le­de het hy ’n ver­jaar­dag­par­ty­tjie ge­hou en vir elk­een van die gas­te ’n paar plant­jies, ’n hou­er, grond en kom­pos ge­gee, as­ook in­struk­sies oor hoe om hul eie tuin te be­gin. In ’n sta­di­um het hy vir sy ou­ers ge­sê hy wil vir S­to­dels werk wan­neer hy een­dag groot is.

Dié vier pronk trots met hul WP-truie. Hul­le is, van links, Li­am Bur­ger, Ke­a­nu Bek­ker, Da­vid Si­mon en My­burgh Louw.

Johan Coet­zer (10) in sy gesin se tuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.