Bas­ti­on-vier dra trots hul WP-truie

Die Burger - - Aktueel - BRAC­KEN­FELL. – – Ma­ri­ta Mey­er

Vier kra­ni­ge rug­by­spe­lers van die La­er­skool Bas­ti­on, wat van gr. 1 af al vir die­self­de s­pan uit­draf, het on­langs ge­skie­de­nis ge­maak toe al vier vir die WP se o.12A-s­pan ge­kies is.

Dit moet iets in die wa­ter wees waar Da­vid Si­mon, Li­am Bur­ger, My­burgh Louw en Ke­a­nu Bek­ker in ’n ra­di­us van ’n ki­lo­me­ter van me­kaar af bly in Brac­ken­fell, want dié vier 12ja­ri­ges speel kook­wa­ter-rug­by.

Hul­le kan nog hul heel eer­ste wed­stryd as on­der se­wes goed onthou.

Dit was teen die La­er­skool Pa­no­ra­ma en hul­le het oor­tui­gend ge­wen. Dit was die be­gin van ’n rug­by­vriend­skap wat steeds sterk staan.

Elke rug­by­sei­soen, as die span­ne aan­ge­kon­dig word, be­vind dié vier hul­self weer in die­self­de s­pan.

Da­vid speel bin­ne­sen­ter vir Bas­ti­on se eer­ste s­pan, Ke­a­nu flank, My­burgh bui­te­sen­ter en Li­am vas­skop­stut.

Maar dit was ’n heel an­der s­to­rie toe hul­le vir die pro­vin­si­a­le s­pan ge­kies is. Hul­le is uit hul ge­mak­so­nes ge­haal en moes blits­vin­nig aan­pas in nu­we po­si­sies.

“Dit was baie moei­li­ker as om rug­by vir die skool te speel,” ver­tel Li­am. Hul­le het hul nu­we span­maats, wat van sko­le oor die Wes-Kaap heen kom, agt weke voor die in­ter­pro­vin­si­a­le toer­nooi ont­moet en slegs 32 uur saam­ge­oe­fen voor hul eer­ste wed­stryd.

“By die in­ter­pro­vin­si­a­le toer­nooi is ál­mal vin­nig en sterk en dis nog­al moei­lik om op hul le­vel te bly,” sê My­burgh, wat droom van ’n pro­fes­si­o­ne­le rug­by­loop­baan ná skool.

Dat dit ’n eer was om vir die pro­vin­si­a­le s­pan uit te draf, is dui­de­lik.

“Ek het elke keer tra­ne in my oë ge­kry as ons op die veld draf met ons WP-truie,” sê Ke­a­nu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.