‘S­tar is Born’ stuur wild­ste dro­me op ga­lop

Die Burger - - Kuns & Vermaak - La­e­ti­tia Pop­le

Dra­ma

Stof af jou dro­me. Brad­ley Cooper se rou nu­we weer­ga­we van A S­tar is Born stuur die ky­ker se wild­ste dro­me op ga­lop en be­siel nie net oor die lief­de nie, maar ook oor die volg van jou eie dro­me en on­der­streep die he­len­de krag van mu­siek.

Dié aan­gry­pen­de mu­siek­prent besin oor die aard van wa­re ta­lent en die mu­siek­wê­reld se op­per­vlak­ki­ge sie­ning en mis­bruik daar­van. ’n S­ter kán ver­nie­tig word. Die prent se klank­baan stuur ver­by “aan­steek­li­ke” lied­jies na wa­re siels­mu­siek – tyd­loos en hel­der.

Die in­tri­ge van die hoof­ka­rak­ters vang werk­lik jou hart vas, die mu­siek dra en ver­diep die tra­gie­se lief­des­ver­haal tus­sen Jackson, die am­per-oor-die­muur-coun­try­roc­ker, en Al­ly, die skit­ter­nu­we ta­lent. Boon­op gee dit nog ’n pa­sel­la of twee vir die­ge­ne wat die weer­ga­we met K­ris K­ristof­fer­son en Bar­bra Strei­sand soos ’n klei­nood be­waar. Die mu­siek is ook her­ver­beel in Cooper se ga­we de­buut as re­gis­seur.

Cooper is dwin­gend sterk teen­woor­dig as Jackson Mai­ne, die coun­try­rock-san­ger ge­teis­ter deur ve­le dui­wels uit sy kin­der­ja­re. Soos sy loop­baan taan, ver­rys Al­ly s’n, die jong kel­ne­rin wat hy in ’n kroeg raak­ge­loop het, na die ster­re en ver­by.

Cooper speel Jackson met ’n twêng in die stem, ’n vreemde skug­ter­heid en ’n ge­boë lig­gaams­taal – Cooper (Sil­ver Li­nings Play­book) is am­per on­her­ken­baar. Teen­oor hom is La­dy Ga­ga se Al­ly, le­wens­lus­tig en snaaks met on­be­twis­ba­re ta­lent – wel, dié vaal muis ís La­dy Ga­ga! Die su­per­ster se ge­mak­li­ke de­buut op die sil­wer­doek gryp aan – hier kom be­slis nog rol­le vir haar. Ve­ral haar ver­tol­king van “La Vie en Ro­se” laat die plan­ke be­we en “Al­ways Re­mem­ber Us T­his Way” is die e­mo­si­o­ne­le spil­punt van die prent.

Die twee ak­teurs het ’n wit­warm che­mie en ’n speels­heid op die sil­wer­doek. Sam El­li­ott is ook reg ge­plaas as die broer wat om sy jon­ger groot­maak­broer (Cooper) kloek.

Die mu­siek in die prent is die der­de s­ter daar­van – al die lied­jies is oor­spronk­lik deur Ga­ga en Cooper ge­skryf en uit­ge­voer. By­ko­men­de li­rie­ke is deur Lu­kas Nel­son, Ja­son Is­bell en Mark Ron­son. ’n Os­car-be­noe­ming wink reeds vir die lied­jies “S­hal­low”, “Look W­hat I Found” en “Al­ways Re­mem­ber Us T­his Way”. Die mu­siek is in pas, “hand­ge­maak”, natuurlik reg vir ’n nu­we tyd­vak en prent.

Die reik­wyd­te van A S­tar is Born is wyd. Hoe­wel die per­soon­li­ke ver­wik­ke­ling tus­sen die ster­re die traan­klie­re tap, is dit die bood­skap van dro­me en die op­gee daar­van wat ont­roer, dat wa­re kuns­te­naars iets het om te sê vir hul ge­ho­re, want hul­le volg nie die jong­ste mode nie.

■ Ou­der­doms­perk: 16DTS, Tyds­duur: 136 mi­nu­te.

La­dy Ga­ga in die rol van Al­ly, ’n nu­we sang­sen­sa­sie wat oor­nag aan­han­gers ver­sa­mel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.