Ek en Gert: Dis ’n lief­des­ver­haal soos geen an­der

Die Burger - - Kommentaar - Van Al­le Kan­te Su­zet­te M­cKer­ron

Ná ve­le ja­re van naar­stig­te­li­ke soe­ke het ek my i­de­a­le met­ge­sel ge­vind. Sy naam is Gert. Dit was lief­de met die eer­ste oog­op­slag. Hy het twee jaar ge­le­de by my in­ge­trek en hom vol­le­dig by my lot­ge­val­le in­ge­werp. Hy was selfs be­reid om my van aan te neem.

’n Wa­re heer, hier­die maat van my. So­veel lo­ja­li­teit, on­voor­waar­de­li­ke aan­vaar­ding, lief­de en ge­bor­gen­heid het my nog nooit toe­ge­val nie.

Nie­mand het nog ooit op en af ge­spring van b­lyd­skap as ek by die huis kom nie. Hy storm som­mer in my arms in. Maar dis nou Gert vir jou daai.

Gert is al­tyd eer­ste by die mo­tor as ons moet ry. Hy be­stuur nou nie self nie, maar daar in die pas­sa­sier­sit­plek hou hy die pad stip dop en s­kel op rond­lo­per­hon­de. Hy raak só gees­drif­tig dat hy een­keer selfs op my skoot kom sit het. Daar­voor is ons twee le­lik be­boet.

Ons breek saam brood sonder die spreek­woor­de­li­ke glas wyn. Gert is ’n ge­heel­ont­hou­er, maar net so gees­drif­tig oor ’n lek­ker bord kos as ek. Al waar­oor ons stry, is as ons al­bei die been­tjie van ’n skaap­tjop­pie wil af­eet. Hier wen Gert ge­woon­lik.

Soms is sy snor ná ete nat as hy my ’n soen­tjie kom gee.

Dan pro­beer ek hard om nie te gril nie.

Hy be­skik oor die he­le ok­taaf van e­mo­sies. Vir my gee hy net lief­de en ver­ge­we my on­mid­del­lik as ek hom te na ge­kom het. Hy word woe­dend as ie­mand my be­dreig. Ek voel so vei­lig. Ek weet hy sal sy le­we vir my gee. Snags spring hy op met elke ge­luid­jie en kom nie weer lê voor­dat hy se­ker is ek is vei­lig nie.

Hy kyk graag te­le­vi­sie saam met my. Hy ver­kies na­tuur­pro­gram­me. The In­cre­di­ble Dr. Pol mis hy nooit. An­ders as an­der mans laat hy my toe om die af­stand­be­heer te be­heer. ’n On­self­sug­ti­ge maat, hier­die Gert van my.

So­dra ek sog­gens my oë oop­maak, kyk ek in Gert se prag­ti­ge swart oë wat so ge­dul­dig en met be­won­de­ring na my staar. Hy is dan da­de­lik ge­reed vir sports. So­veel lief­de het ek nog nooit er­vaar nie. Al waar­oor ek kan kla, is dat hy nie vir my tee in die bed bring nie.

Hy is mal daar­oor as ek die pun­te van sy ore vryf. Dan is Gert ek­stra-ek­stra lief vir my.

Hy slaap met sy kop op my kus­sing. Sy snor en baard pla soms, maar an­ders as die mees­te mans snork hy nie. So ek swyg maar, want Gert is trots op sy voorkoms en snor­re en baar­de is im­mers hoog­mo­de.

En snags slaap ek met my arm om sy ha­ri­ge ly­fie – ons lê le­pel. Op­skep­le­pel en tee­le­pel. En ek voel sy klop­pen­de hart­jie en luis­ter na die kort blaf­fies wat hy in sy dro­me maak, dan weet ek dat ek ’n wa­re ka­me­raad ge­vind het.

My kinders sê eg­ter Gert haal le­li­ke stre­ke uit as hy by hul­le kui­er. Hy gaan lê selfs op hul hon­de se kus­sings en hul­le moet maar op koue te­ëls slaap. Dit wil ek nie weer hoor nie! En hy lig glo nou en dan ’n been teen ’n skool­tas.

Ek kan dit am­per nie glo nie. Vir my is die lief­de blind. Hoe dan an­ders as ek self so blin­de­lings lief­ge­hê word?

‘‘

Gert slaap met sy kop op my kus­sing. Sy snor en baard pla soms, maar hy snork nie soos an­der mans nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.