Fiet­se werk­lik ’n pro­bleem op R44

Die Burger - - Kommentaar - Jan Jou­bert, Bet­tys­baai

Ian Mur­ray roer (09.10) ’n erns­ti­ge saak aan. Ve­ral nou dat die pas tus­sen Rooi-Els en Gordonsbaai weer net­jies ge­teer is. On­ge­luk­kig het die stuk­kies waar daar slegs ’n stip­pel­lyn was en ’n mens kon ver­by­steek, meest­al ver­dwyn. Dit maak die pro­bleem met fiets­ry­ers veel er­ger.

Baie van ons in die O­ver­berg is af­hank­lik van dié roe­te. Fiets­ry­ers skep eg­ter ’n pro­bleem. Hul­le is ar­ro­gant deur­dat hul­le daar­op aan­dring om paaie wat vir al­le bur­gers se ge­bruik is, vir hul per­soon­li­ke sport­be­oe­fe­ning te ge­bruik en daar­op aan­dring dat an­der uit hul pad bly.

Ten eer­ste be­taal hul­le nie li­sen­sie­geld as ’n pad­ge­brui­ker nie. Ver­der ry hul­le in baie ge­val­le langs me­kaar, en as jy ’n be­leef­de toet gee, kry jy dik­wels die twee­vin­ger-sa­luut.

Nog ’n pro­bleem is fiets­toer­groe­pe wat met ’n bus­sie en sleep­wa (vir die fiet­se) die pad ge­bruik. Die ry­ers is ge­woon­lik nie van die fiks­ste nie en hul­le ry sta­dig en in ’n bon­del van vyf tot ses langs me­kaar. Die bus­sie ry ag­ter die bon­del in die mid­del van die pad en keer dat e­ni­ge mo­tor ver­by­steek.

Kan hier­die deel van die R44 as­se­blief vir fiet­se ver­bo­de ver­klaar word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.