Nie­mand is vei­lig op ons trei­ne

Die Burger - - Kommentaar - Han­nes Wahl, Bell­vil­le

Geen trein­pas­sa­sier is meer vei­lig op e­ni­ge van ons trei­ne nie. Hoe­wel die aan­tal trein­pas­sa­siers in die laaste de­ka­de sterk ge­daal het, weens die on­be­trou­baar­heid van se­ke­re diens­te, het 24,78 mil­joen nog in Ja­nu­a­rie van­jaar op trei­ne staat­ge­maak om by die werk of skool te kom.

Om net ’n i­dee te gee wat al­les met die Pra­sa-trei­ne aan­gaan: Op 04 de­ser het ’n trein by die Van Rie­beeck-stasie in Kemp­ton­park teen ’n stil­staan­de trein op die­self­de spoor vas­ge­ry, en 320 mense is be­seer van wie meer as 30 erns­tig. Die vol­gen­de dag het ’n trein by die K­nig­hts-stasie in Ger­mis­ton aan die OosRand ont­spoor. Ge­luk­kig is nie­mand be­seer nie.

Op 3 Sep­tem­ber het twee trei­ne in Jo­han­nes­burg ook op die­self­de spoor­lyn teen me­kaar vas­ge­ry. Al­te­saam 112 pen­de­laars is be­seer.

Een van die groot re­des waar­om daar nou nog só baie trein­on­ge­luk­ke plaas­vind, is dat die trei­ne nog ry ten spy­te van Pra­sa se op­skor­ting van die vei­lig­heids­per­mit, waar­aan nie­mand hul­le steur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.