On­be­ken­de man sorg toe vir groot vreug­de

Die Burger - - Forum - Wil­na Mey­er, Mos­sel­baai

Een Sa­ter­dag­og­gend sit ek, met my pak­kies op my skoot, in my rol­stoel voor C­hec­kers in die Mos­sel­baai-win­kel­sen­trum. ’n Ef­fens ge­niep­si­ge wind­jie waai deur my lang, wit ha­re.

’n Vreemde fi­guur buig on­ver­wags oor my. In sy grow­we hand hou hy ’n bos­sie met vyf spel­de­kus­sings net­jies in deur­sky­nen­de sel­lo­faan toe­ge­vou. ’n Raf­fi­a­strik­kie hou al­les net­jies by­me­kaar. Hy gee dit aan my.

“Mô­re, Ou­ma­tjie,” groet hy, tot my groot ver­ba­sing.

“Nee, wag,” sê ek on­se­ker aan die vreemde swart man. “Dis mooi, maar hier­voor moet ek jou be­taal.”

Hy lag vrien­de­lik, in­ne­mend. “Nee, Ou­ma­tjie, dit is vir jou. Met lief­de.”

“Maar ek ver­staan nie mooi nie... Ek . . .”

Ou­ma­tjie, dit is vir jou om jou dag mooi te maak.” Sy vrien­de­li­ke oë lag vol een­voud en eer­lik­heid.

Ek kyk weer na die man en voel heel­te­mal on­se­ker. Hy lag. In sy mond ma­keer ’n he­le paar tan­de. Sy ge­sig het sag­te plooie.

Ek kan nie an­ders nie en lig my arms op. Soos hy na my ge­kom het, so steek ek my arms uit en hou hom ’n oom­blik na­by my.

Dan stap die lang, swart man met sy een­vou­di­ge sweet­pak van my af weg.

Ek weet dat hier ’n wonderwerk met my ge­beur het.

Ek hoop dat dié van jul­le wat dit lees, die­self­de vreug­de en waar­de­ring sal er­vaar as wat die on­be­ken­de man vir my ge­bring het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.