Moet as­se­blief tog nie dié fout laat voort­leef

Die Burger - - Forum - Em.prof. R.D.V. Pie­naar, So­mer­set-Wes

Die Bur­ger (10.10) meld in Van­dag wat was: “S­te­pha­nus Jo­han­nes Pau­lus Kruger, p­re­si­dent van die Zuid-Afrikaanse Re­pu­bliek, is in 1825 ge­bo­re.”

Dit is nie die ge­val nie, en nóg ’n voor­beeld van swak na­vor­sing deur die Na­si­o­na­le Par­ty toe hy Kru­ger­dag as na­si­o­na­le va­kan­sie­dag op 10 Ok­to­ber ver­klaar het.

Ek het self pres. Paul Kruger se doop­ser­ti­fi­kaat in die Ge­ne­a­lo­gie­se In­s­ti­tuut van Suid-A­fri­ka se ar­gief op S­tel­len­bosch na­ge­gaan. Daar staan dat S­te­pha­nus Jo­han­nes Pau­lus Kruger op 1 Ok­to­ber 1825 ge­bo­re is.

Ie­mand het die “1” en die “O” van Ok­to­ber saam­ge­lees as 10.

Sy ge­boor­te is ook as 1.10.1825 op­ge­te­ken deur C.C. de Vil­liers en C. Pa­ma in hul Ge­slags­re­gis­ters van die ou Kaap­se fa­mi­lies, vol. 1, bl. 438 (1981).

Moet as­se­blief nie dié fout in die ge­skie­de­nis laat voort­leef nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.