Leeus deur; slor­di­ge spel gaan hul poot­jie

Die Burger - - Sake - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus se rug­by­span het gis­ter­aand sy plek in die half­eind­ron­de van die Cur­rie­be­ker-reeks ver­se­ker deur die Pu­mas in M­bom­be­la met 33-21 te klop.

Maar ai, jy kan selfs met die bes­te wil ter wêreld nie sien hoe die Rooi­bon­tes oor twee weke daar­die Goue Be­ker om­hoog sal kan hou nie. Daar­voor was hul spel heel­te­mal té slor­dig.

Trou­ens, hul­le sal aan­sien­lik be­ter as gis­ter­aand moet speel as hul­le selfs net die eind­stryd wil haal.

Daar­voor het hul­le heel­te­mal té veel fou­te ge­maak teen ’n tuis­span wat nie eint­lik veel om die lyf het nie. Tog was hul ver­de­di­ging be­ter as in hul vo­ri­ge wed­stry­de.

Vir die Pu­mas was dit toe nie ’n ge­val dat die weer­lig twee keer op die­self­de plek kon slaan nie.

Na­dat hul­le die Leeus ver­le­de jaar tuis in die Cur­rie­be­ker-reeks ge­klop het, kon hul­le dit gis­ter­aand nie her­haal nie en het hul sei­soen op ’n te­leur­stel­len­de noot ge­ëin­dig.

So van weer­lig ge­praat. Spel is ná rus­tyd et­li­ke mi­nu­te ver­traag deur­dat dit be­gin re­ën het en die weer­lig na­by die sta­di­on ge­slaan het. Daar moes toe eers ge­wag word dat dié ge­vaar ver­by­trek voor­dat die twee­de helf­te kon be­gin.

Die Leeus het som­mer in die eer­ste mi­nu­te ’n drie op ’n skink­bord ge­kry toe ’n wil­de aan­gee deur die tuis­span se skrum­ska­kel, S­te­fan Un­ge­rer, deur Li­o­nel Ma­poe on­der­skep is en hy op sy ge­mak kon deur­draf om on­der die pa­le af te rond.

Die Pu­mas kon sa­ke wel ge­lyk maak toe ’n sterk lo­pie deur die vleu­el Mor­né Jou­bert ge­lei het tot die drie van die heel­ag­ter, De­von Wil­li­ams.

Die Leeus het weer neus voor ge­kry met hul ge­bruik­li­ke rol­maal-drie wat deur die ha­ker, Cor­né Fou­rie, ge­druk is. Al­bei span­ne het lus­tig met die bal ge­hard­loop, maar daar was heel­te­mal té veel fou­te en tal­le be­lo­wen­de be­we­gings het só skip­breuk ge­ly.

Die Leeus moes die laaste tien mi­nu­te voor rus­tyd met 14 spe­lers klaar­kom, toe die sen­ter Ho­ward M­ni­si die bal op ’n on­ge­oor­loof­de wy­se te­rug­ge­klap het toe dit uit­ge­gee is na­dat hy ’n duik­slag uit­ge­voer het.

Net daar­na het die flank Fran­cois K­lein­hans daar­die voor­deel be­nut en die tel­ling weer ge­lyk laat trek toe hy oor­ge­dryf het.

K­lein­hans het eg­ter ’n mi­nuut voor rus­tyd by M­ni­si in die koel­kas aan­ge­sluit toe hy ook ge­straf is vir ’n si­nie­se oor­tre­ding deur ’n Leeus-aan­gee na­by sy eie doel­lyn weg te klap.

Die be­soe­kers uit die Goud­stad kon die eer­ste 40 mi­nu­te af­sluit met ’n voor­sprong toe die in­druk­wek­ken­de Ma­poe goed ge­breek het en met ’n slim bui­te-aan­gee vir Court­nall S­ko­san ’n oop pad doel­lyn toe ge­gee het.

Die Leeus het hul bo­nus­punt­drie ge­kry met K­leyn­hans nog in die koel­kas, toe S­ko­san sy twee­de drie ge­druk het. )­Pun­te­ma­kers: Leeus 33 (21): Drieë:­ Li­o­nel­ Ma­poe,Cor­né­ Fou­rie­ (2),­ Court­nall­ S­ko­san­ (2).­ Doel­skop­pe:­ El­tonJan­tjies­ (4).­ Pu­mas 21 (14): Drieë:­ De­von­ Wil­li­ams,Fran­cois­ K­lein­hans,­ Ry­an­ Nell.­ Doel­skop­pe:­ Chris­ S­mith,Ko­bus­ Ma­rais­ (2).

Foto:­ GALLO­ IMAGES

Nic Groom, kap­tein en skrum­ska­kel van die Leeus, en Ru­wel­lyn Is­bell van die Pu­mas in ak­sie in gis­ter­aand se Cur­rie­be­ker-wed­stryd in M­bom­be­la.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.