Ko­v­sies se C­ha­wa­ne ryg eer­be­wy­se in

Die Burger - - Sake - Mar­nus Kok

’n Hok­kie­bal wat haar klein­tyd in die ge­sig ge­tref het, is die re­de waar­om sy la­ter op net­bal be­sluit het.

Só sê die Ko­v­sie-net­bal­spe­ler K­han-yi­sa C­ha­wa­ne wat ná hul se­ge met 6359 oor Tuks in die Var­si­ty-eind­stryd Maan­dag in Bloem­fon­tein met ’n so­veel­ste prys van­jaar ver­eer is.

Dié 22-ja­ri­ge sen­ter en aan­val­len­de vleu­el is as Spe­ler van die Reeks ver­eer. Dit was die der­de Spe­ler van die Reeks-prys waar­mee sy van­jaar be­kroon is.

C­ha­wa­ne is ook ná die P­re­mier­liga ver­eer, toe sy vir die C­ri­nums ge­speel het, as­ook by die na­si­o­na­le toer­nooi, toe sy vir Man­gaung Me­tro ge­speel het en ook met die eer­be­wys as Spe­ler van die Toer­nooi be­kroon is. Sy is die eer­ste spe­ler wat dié drie pry­se in een jaar ont­vang het.

“Ek dink nie dit is iets waar­voor jy kan voor­be­rei nie. Ek dink dit is ’n voor­reg om te wen. Ek dink die eer­be­wy­se ge­beur om­dat ek hard werk,” sê C­ha­wa­ne. Sy er­ken die pry­se gee haar self­ver­troue.

Van stil­sit is daar vir dié BSc-stu­dent in aard­ryks­kun­de en kli­ma­to­lo­gie nie spra­ke nie. Sy is in Suid-A­fri­ka se Fast5-s­pan in­ge­sluit wat la­ter van­dees­maand aan die Wê­reld­toer­nooi in Mel­bour­ne, Aus­tra­lië, deel­neem.

Sy is ’n pro­duk van die Ho­ër­skool Ben Vor­ster in T­za­neen en haar eer­ste ken­nis­ma­king met net­bal was in die la­er­skool.

“Toe ek in gr. 2 was, het ek al­le spor­te pro­beer. Ek is aan­vank­lik by die net­bal in die C-s­pan in­ge­sluit, en het ge­dink: Net­bal is nie vir my nie.

“Toe ek in die ho­ër­skool kom, moes ek kies of ek net­bal of hok­kie wou speel. Ek was bang vir hok­kie om­dat toe ek dit in die la­er­skool ge­speel het, ek met ’n bal op die mond ge­tref is.

“Ek het vir my­self ge­sê ek wil nooit weer in so ’n si­tu­a­sie be­land nie. Ek het nie net­bal ge­kies om­dat ek vir my­self ’n toe­koms in dié sport­soort ge­sien het nie, dit was net om­dat ek bang was om hok­kie te speel.”

Sy ver­tel dat sy hoë ver­wag­tin­ge van haar­self koes­ter en dat haar de­buut ver­le­de maand vir die Pro­te­as haar laat be­sef het hoe­veel haar eie spel steeds kan ver­be­ter.

“My grootste v­rees is om mense te­leur te stel, as ie­mand my ver­trou om iets te doen. My v­rees vir my­self is om op die baan te gaan en nie aan die stan­daar­de te vol­doen nie.”

Sy lag uit­bun­dig as sy ver­tel van die bal wat in die lug op­ge­gooi is toe die eind­fluit­jie Maan­dag ge­blaas en al die Ko­v­sie-spe­lers op hul hur­ke ge­sak het.

“Toe ek die bal in die lug gooi, het ons as s­pan net vir daar­die paar se­kon­des ge­sak om die He­re vir die oor­win­ning te be­dank. Ons het voor­af ge­sê of ons wen of ver­loor, wil ons daar­die paar se­kon­des ge­bruik om die He­re vir die sei­soen te be­dank,” sê C­ha­wa­ne.

Foto:­ VAR­SI­TY­ SPORTS

K­ha­nyi­sa C­ha­wa­ne in ak­sie in die eind­stryd van die Var­si­ty-reeks die af­ge­lo­pe Maan­dag in die Ro­se­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.