Sa­fa en SAUK mor voor Ba­fa­na-stryd

Die Burger - - Sake - Johann de Ja­ger

Bek­ge­veg­te in die me­dia tus­sen die Suid-Afrikaanse Sok­ker­ver­e­ni­ging (Sa­fa) en die SAUK oor die uit­saai van Ba­fa­na Ba­fa­na se groep­wed­stryd teen die Sey­chel­le het voor­af die kwa­li­fi­seer­der vir die A­fri­ka­be­ker­toer­nooi oor­heers.

Suid-A­fri­ka be­hoort na dié twee wed­stry­de teen die Ei­land­na­sie – van­mid­dag in Jo­han­nes­burg en Dins­dag in Vic­to­ria – die nu­we groep­voor­lo­per te wees.

Sa­fa het Don­der­dag ge­sê soos din­ge staan sal die wed­stryd nie deur die SAUK uit­ge­saai word nie. Dis om­dat die par­tye ná ’n jaar nog nie ’n oor­een­koms kon sluit nie.

Sa­fa be­skul­dig die SAUK dat sy aan­bod “ont­moe­di­gend” was. Sa­fa het dit van die hand ge­wys. Hy sê dit is so ’n ge­rin­ge aan­bod dat dit as geen aan­bod be­skou kan word.

Sa­fa sê in sy ver­kla­ring die SAUK het selfs in die a­part­heids­ja­re be­ter ge­kyk na hul­le.

Dan­ny Jor­daan, Sa­fa se uit­voe­ren­de hoof, het die SAUK se aan­bod as “min­ag­tend” be­skryf.

Hy het ont­hul die aan­bod om al die na­si­o­na­le wed­stry­de uit te saai het van ’n aan­vank­li­ke R150 mil­joen tot R10 mil­joen af­ge­neem.

Sa­fa brom tus­sen­deur ook om­dat die SAUK, wat in ’n gel­de­li­ke ver­knor­sing is, wel oor­een­ge­kom het om wed­stry­de van die En­gel­se P­re­mier­liga so­wel as die nu­we T20-krie­ket­reeks uit te saai.

“Dis dui­de­lik dat hul­le hier­mee Sa­fa se gel­de­li­ke on­der­gang te­weeg wil bring en die ver­e­ni­ging sal nie staan daar­voor nie.”

Met die vo­ri­ge groep­wed­stryd teen Li­bië in Sep­tem­ber in Dur­ban is daar eers kort voor die wed­stryd be­kend ge­maak dat die wed­stryd wel uit­ge­saai gaan word.

Dit blyk Sa­fa het uit goe­der­trou en in weer­wil van die feit dat daar nog nie ’n ver­de­re kon­trak is nie, toe­ge­laat dat die SAUK dit mag uit­saai. Dit was glo met ’n be­lof­te dat ’n kon­trak voor van­dag se wed­stryd ge­sluit sou word.

Die SAUK het Don­der­dag in ’n ver­kla­ring van sy eie ge­sê hy het wel ’n le­wens­vat­ba­re aan­bod ge­had, maar dat Sa­fa dit ver­werp het. Hy voer aan daar was geen be­lof­tes voor die vo­ri­ge wed­stryd nie.

In­dien daar nie weer op die nip­per­tjie ’n oor­een­koms ge­maak word nie, sal die Sey­chel­le, 189ste op die wê­reld­rang­lys, dalk voor hul grootste ska­re nog speel.

Ba­fa­na Ba­fa­na kan met ’n se­ge die voor­tou in Groep E neem.

Suid-A­fri­ka het Ni­ge­rië in Uyo ge­klop en toe ge­lyk­op teen Li­bië in Dur­ban ge­speel.

Die Sey­chel­le het in sy twee wed­stry­de tot dus­ver met 1-5 teen Li­bië en 0-3 teen Ni­ge­rië vas­ge­val.

Die twee voor­lo­per­span­ne in die groep sal vir vol­gen­de jaar se toer­nooi om die A­fri­ka-be­ker kwa­li­fi­seer.

Ni­ge­rië speel van­dag tuis in Ka­du­na teen Li­bië.

■ By­ko­men­de bron­ne: Sa­fa, S­port24, SABC.

Dan­ny Jor­daan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.