S­toltz wil die doe­le op­sta­pel by Fast5

Die Burger - - Sake - Ann­chen Nel

Drie Pro­te­as kry van­dag waar­de­vol­le slyp­kans vir net­bal se Fast5-wê­reld­toer­nooi wat eers­daags in Aus­tra­lië be­slis word.

Vyf Suid-A­fri­ka­ners is as oor­se­se net­bal­spe­lers ge­nooi om hul slag te wys by die B­rit­se Fast5-toer­nooi, wat van­dag in Lon­den be­slis word.

Drie van hul­le sal Suid-A­fri­ka op 27 en 28 Ok­to­ber in Mel­bour­ne ver­teen­woor­dig. Hul­le is Ren­ske S­toltz, Si­gi Bur­ger en S­ha­di­ne van der Merwe.

Die drie­tal kom som­mer uit die staan­spoor teen me­kaar te staan wan­neer hul span­ne me­kaar in die eer­ste wed­stryd die stryd aan­sê. S­toltz is weer in ak­sie vir Loug­hborough Lig­ht­ning ter­wyl Bur­ger en Van der Merwe vir Sur­rey Storm sal uit­draf. Ma­ry­ka Holtz­hau­sen en P­hum­za Ma­we­ni speel vir Se­vern S­tars.

Agt van En­ge­land se Su­per­liga-klub­span­ne neem deel aan dié op­win­den­de, kor­ter for­maat van die spel. In Fast5 is daar net vyf spe­lers op die baan – doel en hulp­doel, ver­de­di­ger en hulp­doel­ver­de­di­ger en ’n sen­ter.

In die Lon­den­se toer­nooi kan ’n doel of hulp­doel vyf pun­te vir haar s­pan ver­dien as sy van bui­te die doel­sir­kel slaag. Op die bui­ten­ste rand van die doel­sir­kel is ’n doel twee pun­te werd en dan is daar die ge­wo­ne doel wat een punt tel.

S­toltz het ver­le­de jaar ’n skit­te­ren­de toer­nooi ge­had en is as die Spe­ler van die Toer­nooi aan­ge­wys. Sy het gis­ter ge­sê sy sien baie uit na die toer­nooi, want sy is gaan­de oor Fast5.

“Dit is lek­ker, op­win­dend en on­voor­spel­baar. Dit her­in­ner my weer daar­aan hoe­kom ek net­bal speel.”

Sy sê ver­le­de jaar was ’n hoog­te­punt in haar net­bal­loop­baan. “Dit sal lek­ker wees om weer te kan wen of om on­der die voor­ste vier span­ne te kan ein­dig. Dis ook goeie voor­be­rei­ding vir die Wê­reld­toer­nooi.”

Die 24-ja­ri­ge doel­skie­ter sê sy ge­niet weer haar net­bal. “Ek het vir ’n tyd ver­geet waar­oor dit gaan en te veel op bui­te­fak­to­re ge­fo­kus. Ek fo­kus nou op dit wat op die baan ge­beur en wat ek kan be­heer,” sê S­toltz.

Ren­ske S­toltz hoop om van­dag doe­le van ver en na­by vir haar En­gel­se klub­span in te rol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.