24 uur S­trauss lei Wê­reld­span teen Ja­pan

Die Burger - - Sake - – S­port­re­dak­sie

A­dri­aan S­trauss, voor­ma­li­ge ha­ker en kap­tein van die Bul­le en S­pring­bok­ke, sal die rug­by­kap­tein wees van ’n Wêreld-XV-tal wat op 26 Ok­to­ber in O­sa­ka met Ja­pan sal krag­te meet.

S­trauss sal nie die e­nig­ste SuidA­fri­ka­ner in die s­pan wees nie.

Die los­voor­spe­ler Wil­lie B­ritz, die los­ska­kel Li­o­nel Cron­jé, die sen­ter Ha­rold Vor­ster, die voor­ry­man­ne Cor­né Fou­rie en Hen­cus van Wyk en die slot Ja­son Jen­kins sal ook in die s­pan wees.

Met die uit­son­de­ring van S­trauss en Fou­rie is al die bo­ge­noem­de spe­lers aan klubs in Ja­pan se Top-Li­ga ver­bon­de.

Die Aus­tra­lie­se duo Ben A­lex­an­der en Sam Car­ter en die le­gen­da­rie­se All Black-sen­ter Ma’a No­nu sal ook vir die Wê­reld­span in ak­sie wees.

Die Ki­wi’s Rob­bie De­ans en S­cott Ro­bert­son sal die s­pan af­rig. De­ans is ’n voor­ma­li­ge brei­er van die Cru­sa­ders en Wal­la­bies, met Ro­bert­son wat die Cru­sa­ders tans af­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.