Bolt blits som­mer twee keer sok­ker­net toe

Die Burger - - Sake -

U­sain Bolt het gis­ter sy eer­ste doe­le vir ’n be­roep­sok­ker­span aan­ge­te­ken toe hy twee keer die ag­ter­kant van die net ge­vind het.

Dit was die eer­ste keer wat hy in die Cen­tral Co­ast Ma­ri­ners se be­gin­span was.

Die Ja­mai­kaan, en agt­ma­li­ge O­lim­pie­se na­el­loop­kam­pi­oen, het sy s­pan se der­de en vier­de doe­le in hul se­ge met 4-0 in ’n vriend­skap­li­ke wed­stryd teen Ma­carthur South West aan­ge­te­ken.

Hy het ook met sy ken­mer­ken­de weer­lig­straal­ge­baar ná elk­een van sy doe­le vo­ren­dag ge­kom.

Bolt het in Au­gus­tus by die Cen­tral Co­ast Ma­ri­ners aan­ge­sluit vir ’n “on­be­paal­de proef­tyd”.

“Dit is ’n goeie ge­voel om in die eer­ste wed­stryd wat ek be­gin twee doe­le aan te te­ken,” sê Bolt (32).

“Ek is bly ek kon hier­heen kom en aan die wêreld wys dat ek ver­be­ter. Ek is oor­ge­haal om ’n Ma­ri­ner te wees en die s­pan te haal.”

Bolt, die wê­reld­re­kord­hou­er in die 100 m en 200 m, het voor­heen ge­oe­fen by Bo­rus­sia Dort­mund in Duits­land, Sun­do­wns in Suid-A­fri­ka en S­troms­god­set in Noor­weë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.