Ras­sie ‘gaan moue op­rol’ by Blou Bul­le

Ko­mi­tee sif kan­di­da­te vir die pos

Die Burger - - Sport - Co­bus Claas­sen

Ras­sie Erasmus het ’n groot taak by Lof­tus Vers­feld.

Die Bok­af­rig­ter het aan­vank­lik ont­ken dat hy sy moue by die Bul­le gaan op­rol, maar hy gaan wel sy ge­wig ty­de­lik by die fran­chi­se in­gooi.

Trou­ens, hy het reeds. Erasmus is ’n lid van die Bul­le se ad­vies­ko­mi­tee wat die mandaat het om ’n nu­we hoof­af­rig­ter vir die Su­per­rug­by­span te vind.

Die an­der le­de is Blik­kies Groe­ne­wald, voor­sit­ter van die Blou Bul­le se af­rig­ters­ver­e­ni­ging, Ba­rend van Graan, die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) se uit­voe­ren­de hoof, en Alan Zon­dagh, ’n voor­ma­li­ge af­rig­ter van die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie.

Wil­lem S­trauss, p­re­si­dent van die Blou Bul­le Rug­by­u­nie (BBRU) en voor­sit­ter van die Bul­le-di­rek­sie, sê die ko­mi­tee sal die ko­men­de week be­gin om moont­li­ke kan­di­da­te te sif.

Dit blyk die Bul­le gaan nie nood­wen­dig die pos ad­ver­teer om ’n op­vol­ger vir John Mit­chell te kry nie.

S­trauss sê dit is be­lang­rik dat die ko­mi­tee vas­stel wat­ter af­rig­ters be­skik­baar is.

“Die laaste ding wat ons wil hê, is om in die­self­de si­tu­a­sie te be­land as wat die En­gel­se Rug­by­u­nie (RFU) met Mit­chell was.

“Hul­le het met Mit­chell on­der­han­del ter­wyl hy by ons ge­kon­trak­teer was en moes ui­t­ein­de­lik ’n aan­sien­li­ke be­drag vir hom op­dok. Ons wil nie die­self­de fout be­gaan nie.”

Erasmus sal, vol­gens S­trauss, ná die aan­stel­ling “baie waar­de hê om toe te voeg”.

Hy sê die om­vang van die S­pring­bok-af­rig­ter en Sa­ru se di­rek­teur van rug­by se be­trok­ken­heid by die s­pan en die nu­we brei­er, sal af­hang van wie in die pos aan­ge­stel word.

“Ras­sie sal be­slis nie ’n ce­le­bri­ty-af­rig­ter wees nie. Dit is be-

‘‘

Ras­sie sal be­slis nie ’n ce­le­bri­ty-af­rig­ter wees nie. Dit is be­lang­rik dat ons sta­bi­li­teit kry en sy kun­dig­heid wat ons vir ’n tyd­perk kan in­span, is in daar­die op­sig baie waar­de­vol in die sta­di­um.

lang­rik dat ons sta­bi­li­teit kry en sy kun­dig­heid wat ons vir ’n tyd­perk kan in­span, is in daar­die op­sig baie waar­de­vol in die sta­di­um.

“Ná die laaste sei­soe­ne se ma­er ja­re is ons on­der ge­wel­di­ge druk om in 2019 te pres­teer,” sê S­trauss.

Die BBM kan in die vol­gen­de paar dae ’n aan­kon­di­ging maak oor die kon­trak wat hy met die S­pring­bok-agt­ste­man Du­a­ne Ver­meu­len ge­sluit het.

Ver­meu­len sal in 2019 en 2020 vir die Bul­le Su­per­rug­by speel.

Daar word in­tus­sen by Lof­tus met nog ’n in­vloed­ry­ke Bok, wat sy rug­by in En­ge­land speel, on­der­han­del.

S­trauss is gis­ter on­be­stre­de as die BBRU se p­re­si­dent aan­ge­wys.

Hy het se­dert Maart tus­sen­tyds in die po­si­sie waar­ge­neem en daar kon die af­ge­lo­pe twee weke be­noe­mings ge­maak word vir die p­re­si­dent se nu­we ter­myn van vier jaar (tot 2023).

Daar was geen an­der be­noe­mings nie.

■ ■

Foto: GETTY IMAGES

Ras­sie Erasmus gaan sy ge­wig ty­de­lik by die Bul­le in­gooi om ’n nu­we hoof­af­rig­ter vir dié Su­per­rug­by­span te help vind.

Foto: GALLO

Du­a­ne Ver­meu­len se kon­trak sal uit­ge­stip­pel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.