Bu­re te lig in die broek; Pro­te­as wen reeks so-so

Die Burger - - Sport - Al­tus Mom­berg

Suid-A­fri­ka het gis­ter­aand die T20-krie­ket­reeks teen Zim­bab­we in Pot­chef­stroom met ses paal­tjies be­klink.

Dit was maar ’n so-so ver­to­ning deur die Pro­te­as, maar die ge­mak van die se­ge wys steeds die ga­ping tus­sen die twee span­ne.

Dit was ook moei­lik om vas te stel wat die Pro­te­as tot dus­ver uit dié reeks ge­leer het.

Zim­bab­we is net nie goed ge­noeg om die Pro­te­as on­der werk­li­ke druk te plaas nie.

Zim­bab­we het eer­ste ge­kolf en 132/7 in sy beurt aan­ge­te­ken. Suid-A­fri­ka het 135/4 be­reik met 26 bal­le oor.

Suid-A­fri­ka het eg­ter lank ge­suk­kel om die tei­ken-jaag­tog op koers te kry, met die Zim­bab­wie­se draai­ers wat die le­we aan­vank­lik moei­lik ge­maak het vir die tuis­span.

Selfs Quin­ton de Kock (26) was soos ’n kat op ’n warm sink­dak teen die draai­ers. Hy het ui­t­ein­de­lik ge­sneu­wel toe hy ’n af­le­we­ring van Brandon Ma­vu­ta op sy pen­ne ge­speel het.

Toe Faf du P­les­sis twee beur­te la­ter deur Se­an Wil­li­ams ge­boul is, het die Pro­te­as se beurt iet­wat wind ge­sluk.

JP Du­miny (33 van 26 bal­le; 3x4, 1x6) en Hein­rich Klaas­en (22) het eg­ter be­heer ge­neem en sonder om werk­lik veel te waag die tei­ken ál klei­ner laat krimp. Hul­le het 44 lo­pies van 30 af­le­we­rings om die vier­de paal­tjie be­haal. Klaas­en het nog­maals ge­wys dat hy in sy kort in­ter­na­si­o­na­le loop­baan hom­self as ’n sleu­tel­fi­guur in die Pro­te­as se wit­bal­mid­del­or­de ge­ves­tig het.

Zim­bab­we se to­taal was eg­ter nie naas­ten­by ge­noeg om die Pro­tea-kol­wers te toets nie.

Daar was ’n goeie boul­ver­to­ning deur die Pro­te­as met net Ta­braiz S­ham­si (1/37) en Lun­gi N­gi­di (2/36) wat deur­ge­loop het.

Da­ne Pa­ter­son (2/22), Rob­bie Fry­linck (2/20) en An­di­le P­hehluk­wa­yo (0/15) het elk minder as ses lo­pies per beurt af­ge­staan.

S­ham­si was puik in die eer­ste drie beur­te van sy skof en het 1/3 in dié beur­te ge­neem.

Die der­de en laaste wed­stryd word mô­re in Be­no­ni ge­speel.

Foto: GALLO IMAGES

Rob­bie Fry­linck vier een van sy twee paal­tjies in die Pro­te­as se T20-stryd teen Zim­bab­we in Pot­chef­stroom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.