KSA ont­hul naam van nu­we T20-krie­ket­li­ga

Die Burger - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Skuif reg vir die M­zan­si Su­per­liga (MSL), die naam van die lang­ver­wag­te nu­we T20in­ter­na­si­o­na­le reeks wat aan­staan­de maand be­gin en gis­ter deur Krie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) aan­ge­kon­dig is.

Die reeks be­gin op 16 No­vem­ber en die eind­stryd vind op 16 De­sem­ber plaas.

“Ons sien daar­na om van die wêreld se bes­te spe­lers in die land te verwelkom en deur hul­le ge­trak­teer te word,” sê T­ha­bang Moroe, die uit­voe­ren­de hoof van KSA.

“Ons is vol ver­troue dat die li­ga ook sal help om die vol­gen­de ge­slag van T20-ta­lent te ont­luik.”

KSA sal Maan­dag die be­son­der­he­de van die spe­lers-lo­ting be­kend maak wat straks Vry­dag in Jo­han­nes­burg ge­hou sal word.

Moroe het ook die KSA se ven­noot­skap met die SAUK be­ves­tig met al die wed­stry­de wat op na­si­o­na­le uit­saai­er se TV- en ra­di­o­diens­te uit­ge­saai word.

Ses span­ne – Kaap­stad, Jo­han­nes­burg, P­re­to­ria, Dur­ban Port E­li­za­beth en die Paarl – sal aan die reeks deel­neem en al ses span­ne sal van die bes­te spe­lers ter wêreld lok.

Met die T10-reeks in Du­bai wat af­ge­las is, sal dit nou mak­li­ker vir dié MSL wees om van die groot na­me van blitskrie­ket te lok.

Die reeks sal staat­maak op van die oor­se­se ster­re, aan­ge­sien die Pro­te­as die eer­ste twee wed­stry­de van elke s­pan gaan mis­loop.

Die Pro­te­as pak Aus­tra­lië dan in een­dag- en T20-wed­stry­de in Aus­tra­lië in No­vem­ber met die laaste wed­stryd wat op 17 No­vem­ber ge­speel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.