Deur die lens: Al­le­sterk­te!

Die Burger - - Oogwink - Foto:­ ADRIAN­ DE­ KOCK

9 Ok­to­ber | Tuyn­huys, Kaap­stad: Pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en Ti­to M­bo­we­ni, die nu­we mi­nis­ter van fi­nan­sies. Die fi­nan­si­ë­le mark­te, die sa­ke­wê­reld en selfs op­po­si­sie­par­tye het Dins­dag guns­tig ge­re­a­geer op die aan­stel­ling van M­bo­we­ni as Suid-A­fri­ka se nu­we mi­nis­ter van fi­nan­sies. Die rand het on­mid­del­lik sterk in waar­de teen­oor die A­me­ri­kaan­se dol­lar op­ge­skiet na­dat dit vroe­ër weens die ge­gis oor Nhlanhla Ne­ne se moont­li­ke be­dan­king deur die R15-vlak ge­breek het. Die DA sê die aan­stel­ling van M­bo­we­ni sal sta­bi­li­teit in die e­ko­no­mie laat te­rug­keer en die v­re­se be­sweer wat moont­li­ke be­leg­gers oor Suid-A­fri­ka het. Chris Harm­se, e­ko­noom van Re­ba­lan­ce Fund Ma­na­gers, sê M­bo­we­ni se aan­stel­ling wys Ra­map­ho­sa gaan nou die be­lan­ge van die land, en nie nood­wen­dig dié van die re­ge­ring nie, eer­ste stel. M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-woord­voer­der, het Ne­ne se be­dan­king verwelkom “ná sy on­e­tie­se optrede toe hy vir die pu­bliek leu­ens ver­tel en (hul­le) mis­lei het oor sy ver­hou­dings met die Gup­ta-mis­daad­sin­di­kaat”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.