No­va­re SA Ter­roir-wyn­toe­ken­nings: Na­si­o­na­le wen­ner en top-en­kel­win­ger­dwyn

Die Burger - - Oogwink - S­maak­lik uit die wyn­ter­rein Ma­ri­us La­bu­schag­ne

o ns het voor­heen ge­sels oor die Al­to Ca­ber­net Sau­vig­non 2014 wat by die jaar­lik­se No­va­re SA Ter­roir-wyn­toe­ken­nings as die na­si­o­na­le wen­ner van ca­ber­net sau­vig­non aan­ge­wys is. Die 2018 Ve­ri­tas-toe­ken­nings se uit­slae is ver­le­de week be­kend ge­maak en die­self­de wyn het 'n goue Ve­ri­tas-toe­ken­ning ont­vang. Mens kan am­per nog meer aan­gaan oor die Flags­to­ne W­ri­ter's Block Pi­no­ta­ge 2016 wat van­jaar by die SA Ter­roir-wyn­toe­ken­nings as die na­si­o­na­le wen­ner van Pi­no­ta­ge aan­ge­wys is. Dit is la­ter ook as een van die Ab­sa Top 10 Pi­no­ta­ge-wy­ne be­kroon. Wat die wyn spe­si­aal maak is dat dit 'n en­kel­win­ger­dwyn uit die B­ree­de­kloof-dis­trik na­by Wor­ces­ter is en die wyn het ook van­jaar die No­va­re Tro­fee as SA se Top-en­kel­win­ger­dwyn ont­vang. Die B­ree­de­kloof-dis­trik se ter­roirs, of­te­wel wyn­ter­rei­ne, het van­jaar met twee van ons wyn­land se ge­wild­ste kul­ti­vars na vo­re ge­tree, die na­si­o­na­le wen­ner vir Pi­no­ta­ge en C­he­nin Blanc. Laas­ge­noem­de is die Slang­hoek Le­gends Bar­rel Fer­men­ted C­he­nin Blanc 2016. Pi­no­ta­ge is in­der­daad 'n veel­sy­di­ge wyn­soort en daar is al­tyd 'n ap­tyt­nuus­kie­rig­heid wan­neer die gla­sie ge­skink word. As dit by geur, lyf en struk­tuur kom kan mens sê hier­die wyn het sy eie ka­rak­ter wat aan­ge­vul is met ken­mer­ken­de Pi­no­ta­ge-geu­re van spe­se­rye en pruim saam met knip­pies van va­niel­je en don­ker sjo­ko­la­de. Die Flags­to­ne W­ri­ter's Block Pi­no­ta­ge word ge­maak van 'n en­kel­win­gerd­blok hoog in die Waai­hoek­ber­ge in die B­ree­de­kloof­val­lei. Vol­gens wyn­kel­der­be­stuur­der Mia Boon­zai­er is hier­die blok ge­plant in ver­weer­de en se­mi­ver­weer­de ska­lie­grond deur­spek met gra­niet­kwarts en dit is die hoog­ste win­gerd in die ge­bied, so­wat 720m bo see­spie­ël. Die nag­te is koel met warm en son­ni­ge dae, maar weens die ligging is die dag­tem­pe­ra­tu­re nie so hoog nie. Die win­gerd­blok is in 2002 ge­plant en le­wer on­ge­veer 7-8 ton per hek­taar drui­we. “Ons glo ons het 'n be­son­der­se win­gerd­blok ge­kry in W­ri­ter's Block; al­les om­trent hier­die a­rea is spe­si­aal: die kom­bi­na­sie van grond, hel­ling, klimaat en kul­ti­var werk bril­jant saam. Die bob­be­ja­ne in die berg dink ook so en ons het soms geen keuse as om die oes met hul­le te deel nie,” sê Mia. “W­ri­ter's Block kry sy naam van die a­sem­ro­wen­de uit­sig wat jou te­ge­moet kom as jy in die win­gerd­blok staan, soms so oor­wel­di­gend dat jy nie woor­de het om dit te be­skryf nie. Net soos 'n skry­wer uit­ge­daag word met 'n moei­li­ke on­der­werp, ge­bruik ons hier­die kom­plek­si­teit om 'n man­ji­fie­ke wyn te ont­sluit.” Die No­va­re SA Ter­roi­r­wyn­toe­ken­nings beeld wy­ne uit wat hoogs suk­ses­vol deur die bron se drui­we geskep is en in die kel­der be­nut is. Die Flags­to­ne W­ri­ter's Block Pi­no­ta­ge 2016 van 'n en­kel­win­gerd­blok in die B­ree­de­kloof­val­lei is 'n baie goeie voor­beeld. Met sy eie ka­rak­ter is die kos­maats nie maklik om te kies nie, maar bre­die, bo­bo­tie en bees­vleis­lasa­gne is op my lys. Be­dien die wyn ef­fens koel en laat dit goed a­sem­haal voor­dat al die geu­re er­vaar kan word. So veel­sy­dig soos die Kaap­se wyn­land se ter­roirs is om uit ve­le ter­rei­ne puik wy­ne van ver­skil­len­de kul­ti­vars te le­wer, so veel­sy­dig is ons in­heems ge­kweek­te kul­ti­var Pi­no­ta­ge om ge­hal­te te le­wer, nie al­mal in pre­sies die­self­de styl nie. Die vol­le­di­ge uit­slae is be­skik­baar op die web­werf www.ter­roi­r­wi­ne­a­wards. co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.