Bor­s­kan­ker: ‘My reis be­gin nou eers’

’n Vrou net soos ek en jy deel haar in­tie­me bors­kan­ker­ver­haal van die dae ná die di­ag­no­se tot bin­ne die o­pe­ra­sie­te­a­ter ge­du­ren­de haar ne­ge uur lan­ge o­pe­ra­sie en weer tuis, waar sy die dag nou “uur vir uur” moet pak. El­sa­bé B­rits het dié pad saam met Ce­cel

Die Burger - - Mense - Die Maan­dag­og­gend om 08:30 Foto’s: EL­SA­BÉ B­RITS

Wat met Ce­ce­lia Ja­cobs (50) van Kaap­stad ge­beur het, ge­beur elke dag met vroue soos ek en jy.

Sy is ’n re­ken­mees­ter en ’n ge­skei­de ma van vier kinders wat op ’n dag die nuus hoor wat elke vrou v­rees: bor­s­kan­ker.

“Na­dat hul­le die bi­op­sie ge­doen het, het ek net in my hart ge­weet al­les is nie reg nie,” ver­tel sy die Vry­dag voor­dat sy die Maan­dag ’n ma­stek­to­mie en re­kon­struk­sie on­der­gaan.

Dít was ses weke na­dat sy gehoor het sy het bor­s­kan­ker. Haar vriend van vier jaar was dié dag saam met haar. Skaars twee dae la­ter hoor sy hy het haar met ’n an­der vrou ver­neuk.

Sy is ge­dom­pel in ’n tui­me­len­de wêreld vol v­rees en on­se­ker­heid. Wat ge­beur nou?

Toe sy dr. B­rit­ta De­de­kind, ’n borschi­rurg by die Ne­t­ca­re Chris­ti­aan Bar­nard-ge­denk­hos­pi­taal, in haar spreek­ka­mer gaan sien, het haar “kop heel­te­mal leeg” ge­raak. Sy kan niks onthou van wat die dok­ter ge­sê het nie.

Ge­luk­kig het sy haar dog­ters, S­te­pha­nie (27) en Mo­ni­que (25), saam­ge­neem en hul­le het haar la­ter ver­tel wat al­les ge­sê is.

“My hart was ge­breek, my he­le wêreld was weg. Ek het saam met hom ge­bly, ons het al­les ge­deel. Ek het net my kle­re en ’n paar an­der goed ge­vat en na S­te­pha­nie toe ge­gaan. Ek het be­sef dié twee goed saam sal my breek. Ek moet dit laat gaan.”

Nou, kort voor die o­pe­ra­sie, glo sy “dit is be­ter dat hy my tóé ver­werp het, eer­der as nou. As dit la­ter was, wan­neer ek dalk siek en sonder ha­re sit, sou dit er­ger vir my ge­wees het”.

In daar­die eer­ste dae in Ju­lie het dit vir haar ge­voel die kan­ker vreet soos Pac Man-fi­guur­tjies deur haar lyf, al kou­end van haar bors na haar sy, tot ag­ter in haar rug. Sy was angs­be­van­ge dat die kan­ker deur haar lyf ver­sprei.

“Snags het ek wak­ker ge­lê en dit het ge­voel as­of daar grem­lins in my lyf is wat aan my eet. Ek wou die kan­ker uit my lyf hê.”

In­tus­sen het sy in­ge­trek by S­te­pha­nie en haar jong­ste seun, Da­niel (21), wat ’n twee­slaap-ka­mer­woon­stel in Wynberg deel.

Ja­cobs is ge­skei toe sy nog jonk was en het ui­t­ein­de­lik haar vier kinders meest­al al­leen groot­ge­maak.

“Ek het al drie deur u­ni­ver­si­teit ge­sit. Ek het al­ler­han­de ek­stra werk ge­doen. Geld op kre­diet­kaar­te rond­ge­skuif. Jy weet,

rob­bing Peter to pay Paul. Dit was tough,” sê sy, maar met die glim­lag van ’n trot­se ma.

Ja­cobs het niks vreemd in haar lin­ker­bors ge­voel nie – geen vreemde knop of af­skei­ding nie. Net dui­se­lig­heid.

Haar dok­ter het mid­del­oor-ont­ste­king ge­di­ag­no­seer en om­dat sy nog nooit ’n mam­mo­gram en ul­tra­klankskan­de­ring ge­had het nie, is sy daar­voor ge­stuur.

En so is twee ge­was­se op­ge­spoor en met ’n bi­op­sie be­ves­tig. Een van 2 cm in deur­snee en nog een van 2,5 cm – al­bei fa­se 2.

’n Nu­we bors in ne­ge uur

staan vyf spe­si­a­lis­te en ver­skeie sus­ters ge­reed om na Ja­cobs om te sien.

Ui­t­ein­de­lik sal die laaste van hul­le eers om 17:30 uit die o­pe­ra­sie­te­a­ter by die Ne­t­ca­re Chris­ti­aan Bar­nard-ge­denk­hos­pi­taal in Kaap­stad stap. Ek ook.

Ja­cobs sal ná die ma­stek­to­mie wak­ker word met ’n nu­we bors, kuns­tig ge­vorm uit haar eie ab­do­mi­na­le vet.

Die eg­paar drs. Cla­re Ne­ser en Con­rad Pie­naar is al­bei plas­tie­se en re­kon­struk­tie­we chi­rur­ge. Hul­le word by­ge­staan deur De­de­kind, die borschi­rurg wat die

ma­stek­to­mie sal doen, en sy word by­ge­staan deur dr. S­ha­lin Singh. Die nar­ko­ti­seur is dr. Na­ta­sha Plaat­jes.

Die o­pe­ra­sie is ’n lan­ger en meer kom­plek­se pro­se­du­re wat mi­kros­ny­kun­de ver­eis, as die in­plan­ting van ’n si­li­koon­bors, wat ná tien of 15 jaar ver­vang moet word. Die pro­se­du­re, wat vel en s­pier be­hou, verg kun­dig­heid en kan be­skryf word as ’n weef­seloor­plan­ting van een plek van jou lyf na ’n an­der. (Dit staan be­kend as Deep In­fe­ri­or E­pi­gas­tric Ar­te­ry Per­fo­ra­tor Flap, of Diep Flap.)

Die o­pe­ra­sie be­gin om 09:00 toe De­de­kind en Singh be­gin met die ma­stek­to­mie van die lin­ker­bors. Oor­kant hul­le be­gin Ne­ser om die reg­ter­bors te ver­klein en te lig. Langs haar maak Pie­naar ’n lang snit oor die la­er ab­do­men. Vier chi­rur­ge werk ge­lyk aan een pa­si­ënt.

Ne­ser ver­dui­de­lik om­dat ’n nu­we lin­ker­bors la­ter die mid­dag op­ge­bou gaan word, sou hul­le ter wil­le van e­we­re­dig­heid in elk ge­val die an­der bors moes op­lig. Om­dat Ja­cobs ’n klei­ner bors­groot­te wou hê, kan hul­le dít net so­wel doen.

Voor die o­pe­ra­sie is ’n ra­dio- ak­tie­we mid­del in­ge­spuit wat na die limf­klie­re d­rei­neer. Die doel is om die limf­klie­re naas­te aan die bor­s­kan­ker te vind om­dat die dok­ters dit wil uit­haal: Dit is die brand­wag-limf­klier, as­ook die daar­op­vol­gen­de drie of vier, ge­noem die esje­lon-limf­klie­re.

As die kan­ker ver­sprei het, is die kan­se baie goed dat dit daar sal sit. De­de­kind ge­bruik ’n ra­di­o­ak­tie­we tas­ter om na dié limf­klie­re te soek so­dat sy hul­le uit die bors­weef­sel kan haal. Die tas­ter piep en gee ’n le­sing. Die limf­klie­re met die hoog­ste le­sing word uit­ge­haal.

Ca­rol van der Vel­de, si­to­teg­no­loog van Lan­cet La­bo­ra­to­ries, staan in die te­a­ter ge­reed om dit te ont­vang.

‘‘

My vrou­li­ke i­den­ti­teit is nou ver­weef met my lang ha­re. Ek het reeds ’n groot stuk af­ge­sny en ge­skenk, maar om al­les te ver­loor gaan baie, baie swaar wees. Dit maak my baie bang.

Van der Vel­de werk ’n paar me­ter van die te­a­ter so­dat sy dit net daar kan toets. Sy sny vin­nig die vier limf­klie­re op en be­rei sky­fies vir ont­le­ding voor – bin­ne 40 mi­nu­te is sy klaar. As dit po­si­tief is, wil die dok­ters nóg limf­klie­re uit­haal, maar in­tus­sen gaan hul­le voort met die ma­stek­to­mie.

Ter­wyl sy deur die limf­klie­re sny, voel Van der Vel­de daar­aan. “Dit moe­nie hard wees nie. Die eer­ste esje­lon-limf­klier voel nie reg nie, dit is te hard,” sê sy.

Sy wys hoe die limf­klier wat sy ver­moed het kan­ker ge­had het, wel on­der die mi­kro­skoop po­si­tief be­ves­tig is. Dit lyk as­of daar groe­pies sel­le saam­koek, maar die ver­skil is bit­ter klein.

Sy loop te­rug na die te­a­ter om die nuus aan die dok­ters te gee: Een van die vier limf­klie­re het kan­ker.

Die ma­stek­to­mie is pas klaar. Die bors­weef­sel wat ver­wy­der is, weeg 1,2 kg. Die vel – sonder die a­re­o­la en te­pel – is be­hou. Pie­naar ver­dui­de­lik die a­re­o­la en te­pel word ver­wy­der om­dat kan­ker dik­wels eer­ste in die melk­bui­se ont­staan. Tus­sen ses en ne­ge maan­de la­ter kan hul­le ’n te­pel skep met ’n klein pro­se­du­re en die a­re­o­la wat nou van die ab­do­men­vel ge­maak sal word, kan ge­ta­toe­ëer word deur ’n kos-me­tie­se ken­ner so­dat dit ’n na­tuur­li­ke k­leur het.

De­de­kind haal nog 14 limf­klie­re uit na­dat sy die nuus van Van der Vel­de ont­vang het. ’n Mens moet ver­sig­tig wees om nie te

veel uit te haal nie, an­ders kan die limf nie d­rei­neer nie.

In­tus­sen het Ne­ser die reg­ter­bors ver­klein en Pie­naar het ver ge­vor­der om ’n groot stuk van die vel en ab­do­mi­na­le vet los te sny. Hy het reeds die a­rea ge­merk op die ab­do­men waar die nu­we a­re­o­la uit­ge­sny sal word.

Hoe het die twee sny­dok­ters ont­moet? “Oor ’n sep­tie­se druk­wond. Cla­re was vyf­de jaar me­dies en ek was be­sig om te spe­si­a­li­seer,” sê Pie­naar.

Dit is lek­ker om saam te werk, an­ders “sal ons me­kaar nooit sien nie”. Die lek­ker­ste van dié werk is dat daar elke dag iets an­ders is om te doen.

“Ons kan me­kaar ver­trou. Die een weet wat die an­der een doen ty­dens ’n o­pe­ra­sie,” sê Ne­ser. ’n Mens kan dit sien; hul­le werk saam soos vier han­de wat een brein het.

Ui­t­ein­de­lik het Pie­naar ná ure se fyn sny ’n groot stuk ab­do­mi­na­le vet, soos ’n groot drie­hoek, met die kri­tie­ke aar en slag­aar daar­by, en ’n klein stuk­kie s­pier bloot­ge­lê. Dit is 20 cm by 15 cm groot en strek dwars­oor die ab­do­men. Ne­ser het in die­self­de tyd, ook met mi­kro­chi­rur­gie, die in­ter­ne to­ra­ka­le aar en -slag­aar in die bors­kas bloot­ge­lê. Baie ver­sig­tig. Dit is 1 mm tot 2 mm in deur­snee.

Sy ver­dui­de­lik dat ’n mens nie bloot vet kan neem en oor­plant nie, dit sal ’n “dooie” bors skep.

Die vet (van die ab­do­men) en die ge­paard­gaan­de aar en slag­aar moet ge­kop­pel word aan ’n aar en slag­aar in die bors.

As ’n vrou nie ge­noeg vet in die ab­do­men het nie, kan dit uit die bin­ne­been of boud ge­neem word. Soms is dit dus voor­de­lig om ’n boe­pie te hê. ’n Mens kan dui­de­lik die blou aar en pienk slag­aar in die bors sien lê na­dat ’n klein stuk­kie rib­be­been ver­wy­der is so­dat daar meer ruim­te is om te werk.

Pie­naar sny die ab­do­mi­na­le vel los van die vet (met sy bloed­toe­voer). Hul­le weeg die flap wat nou ge­reed is vir re­kon­struk­sie en sny oor­tol­li­ge vet weg. Dit moet oor­een­stem met die groot­te van die reg­ter­bors.

Die weef­sel word oor­ge­plaas en die re­kon­struk­sie be­gin. Met ’n skaars sig­ba­re klein naald en ga­re so dun soos ’n haar, heg Ne­ser die slag­aar. Pyn­lik pre­sies.

Dit is ’n kri­tie­ke deel van die o­pe­ra­sie. Pie­naar help kyk, soos ’n gids. Die slag­aar word weer met ’n kop­pe­laar – ’n in­stru­ment – ge­heg. So­dra dit ge­doen is, bloei die nu­we bors­weef­sel. Klein straal­tjies bloed loop uit die ab­do­mi­na­le vet wat op die lin­ker­bors­kas lê. Hul­le stop dit gou, maar dit is ’n goeie te­ken. Dit leef.

Pie­naar ver­wy­der nou ’n mooi ron­de stuk­kie vel uit die ab­do­men om oor te plant pre­sies in die a­rea waar Ja­cobs se a­re­o­la ver­wy­der is. Hy vorm ook die oor­ge­plan­te weef­sel so­dat dit soos ’n bors lyk. Hy doen dit sorg­vul­dig so­dat dit so na as moont­lik soos die reg­ter­bors lyk.

Dan is dit tyd vir toe­werk, maar die pro­se­du­re is nog nie heel­te­mal ver­by nie.

’n Flu­o­res­se­ren­de mid­del word in­ge­spuit en die te­a­ter word don­ker ge­maak. Nou kan die dok­ters met ’n in­fra­rooi­ka­me­ra sien hoe goed die nu­we bors se bloed­toe­voer is.

Dit is per­fek.

Om se­ker te maak Ja­cobs se ab­do­men is nie ver­swak nie, of haar maag bult nie uit nie, werk hul­le ’n strook maas vas. Dit ver­sterk die ab­do­men, wat nou toe­ge­werk word. Ja­cobs se na­el­tjie het ook ge­skuif om­dat sy as ’t wa­re ’n maag­ver­klei­nings­o­pe­ra­sie ge­had het.

Die groot deel vet wat aan die een kant ver­wy­der is vir die weef­seloor­plan­ting moes aan die an­der kant ook ver­wy­der word, vir ba­lans.

Daar is geen doel vir ’n na­el­tjie na­dat jy ge­bo­re is nie, maar dit sou baie vreemd wees sonder een. ’n Nu­we gaat­jie word in die ab­do­men ge­sny en Pie­naar trek die na­el­tjie deur en werk dit vas.

Dit is 17:30 toe al­mal daar uit­stap en Ja­cobs na die ho­ë­sorg­een­heid ge­neem word.

Dit is waar dat sy ’n lang sny laag oor haar maag het. Daar is ’n sny aan haar reg­ter­bors waar dit ver­klein is. Maar sy het werk­lik ’n prag­ti­ge nu­we lin­ker­bors. Dit is baie mooi­er her­bou as wat ek ver­wag het.

Die lit­te­kens sal kwyn, maar belangriker – die o­pe­ra­sie is ge­doen soos wat Ja­cobs dit wou ge­had het.

En mô­re wan­neer sy wak­ker word, be­gin haar nu­we sei­soen. B­rits is ’n we­ten­skap­s­joer­na­lis.

’n Maand ná haar ma­stek­to­mie en bors­re­kon­struk­sie ge­sels Ce­ce­lia Ja­cobs tuis oor die pad wat sy reeds ge­loop het, en wat nog voor­lê.

Vir al die vi­deo’s en foto’s om die pak­ket aan­lyn te lees, gaan na www.netwerk24.com en klik op die sek­sie Leef­styl/Ge­sond­heid.

Drs.­ Con­rad­ Pie­naar­ en­ Cla­re­ Ne­ser,­ al­bei­ plas­tie­se­ en­ re­kon­struk­tie­we­chi­rur­ge­ (links),­ o­pe­reer­ op­ Ce­ce­lia­ Ja­cobs.­ Dr.­ B­rit­ta­ De­de­kind,­ bors­chi­rurg,en­ dr.­ S­ha­lin­ Singh­ is­ regs.­ Al­ vier­ werk­ ge­lyk­ty­dig­ aan­ die­ ma­stek­to­mi­een­ die­ be­gin­ van­ die­ bors­re­kon­struk­sie-o­pe­ra­sie­ by­ die­ Ne­t­ca­reChris­ti­aan­ Bar­nard-ge­denk­hos­pi­taal­ in­ Kaap­stad.

Bin­ne­ 40­ mi­nu­te­ het­ Van­ der­ Vel­de­ die­ vier­ limf­klie­re­ op­ge­sny­ en­ sky­fies­voor­be­rei­ om­ dit­ on­der­ die­ mi­kro­skoop­ te­ be­kyk.­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.