PA­LE toe!

Die gehoor hou a­sem op ter­wyl die vrou met die blink kos­tuum teen die swart paal hang. Dit lyk kom­pleet of sy sweef. Dis ’n koue Sa­ter­dag­aand in die Por­tu­ge­se klub in Rug­by waar die agt­ste jaar­lik­se Kaap­se Paal­dans­ver­to­ning met die te­ma “Sir­kus­kar­na­val” g

Die Burger - - Aktueel -

Maak eg­ter nie die fout om aan paal­dans te dink as ’n ro­ke­ri­ge klub waar mans in die don­ker gluur na ’n vrou wat smeu­lend om ’n paal dans vir geld nie.

Paal­dans of net paal, soos die paal­ge­meen­skap daar­na ver­wys, is ’n ak­ti­wi­teit waar­by al hoe meer mense van al­le ag­ter­gron­de in die land en wê­reld­wyd aan­klank vind en dit hou ’n me­nig­te ge­sond­heids­voor­de­le in.

Paal­dans het van ont­span­ning en ’n ma­nier om fiks te word ge­groei tot ’n kom­pe­te­ren­de sport.

Dit kom­bi­neer dans en a­kro­ba­tie­se oe­fe­nin­ge en groei in ge­wild­heid as ’n hoof­stroom­vorm van oe­fe­ning. A­ma­teur- en pro­fes­si­o­ne­le kom­pe­ti­sies word wê­reld­wyd ge­hou.

Ek praat met my goeie vriend Jaun van De­ven­ter (28), ’n haar­sti­lis van Good­wood, en C­han­tal Nell (36), ei­e­naar van en in­struk­teur by Po­le Dan­ce Ca­pe To­wn (PDCT) in Loop­straat, Kaap­stad, wat al­bei aan die ver­to­ning deel­ge­neem het.

Jaun sê dis nie ’n spe­si­fie­ke soort mens wat paal nie.

Hy weet van pro­ku­reurs, dok­ters, in­ge­ni­eurs, bi­o­ki­ne­ti­ci, au pairs en mense met hul eie sa­ke­on­der­ne­mings wat al­mal paal ge­niet. Oor­see is daar ’n vrou sonder ’n arm wat paal, ’n man sonder ’n been en selfs ie­mand in ’n rol­stoel.

Ja, e­nig­ie­mand kan, sê C­han­tal. Haar stu­den­te is tus­sen 16 en 55 jaar oud. Ge­du­ren­de die skool­va­kan­sies word klas­se ge­hou waar kinders so jonk soos vier deel­neem.

Jaun ver­dui­de­lik daar is drie ver­skil­len­de vorms van paal:

’n Sen­su­e­le/ek­so­tie­se dans, sport en ar­tis­tiek, waar die deel­ne­mer ’n s­to­rie wil ver­tel. Hy­self doen ar­tis­tie­ke paal.

Ek vra hom waar sy be­lang­stel­ling in paal be­gin het.

“In 2016 is ek ge­nooi na ’n vrien­din se ver­jaar­dag in ’n paal­stu­dio, en vir die lek­ker­te is ’n klein roe­ti­ne vir al­mal uit­ge­werk en daar het die gog­ga my ge­byt.

“Ek het reeds in die gim­na­si­um ge­oe­fen en jo­ga ge­doen, so dit het ge­help.”

Hy is nou in ’n ge­vor­der­de klas.

C­han­tal is se­dert ne­ge­ja­ri­ge ou­der­dom be­trok­ke by a­kro­ba­tie­se sir­kus. Met hul rei­se om die wêreld as deel van die be­roem­de Ci­r­que du So­leil het sy en ’n paar vrien­de paal­dans­klas­se pro­beer en was mal daar­oor.

Natuurlik het hul­le die voor­deel ge­had van hul soe­pel­heid en krag wat hul­le ge­bruik vir sweef en hul a­kro­ba­tie­se ag­ter­grond.

Sy het te­rug­ge­trek na Kaap­stad en be­gin klas­gee by PDCT. Sy is in 2017 die kans ge­gun om die stu­dio te koop en het dit da­de­lik aan­ge­gryp.

Hul jaar­lik­se ver­to­nings en kom­pe­ti­sies gee haar die ge­leent­heid om op te tree en haar ken­nis met haar stu­den­te te deel.

Wat is no­dig en hoe be­gin mens?

Jaun sê mens moet soos met e­ni­ge an­der ak­ti­wi­teit of sport baie ure se oe­fe­ning in­sit, en die soe­pel­heid wat toe­skou­ers so ver­stom, kom met tyd en oe­fe­ning.

Bal­let­dan­sers en gim­nas­te tel dit vin­nig op.

“Met dans is daar baie strem­ming op die ge­wrig­te, en dis hoe­kom baie dan­sers met paal be­gin, dis ‘sag­ter’ op die lig­gaam.’’

C­han­tal sê mense be­gin deur by ’n in­lei­den­de klas aan te sluit. Hier kan jy sien waar­oor dit gaan. Dan volg die L1-, L2- , L3en L4-klas­se, waar jy die ba­sie­se be­gin­sels van paal sal leer en ster­ker word met oe­fe­ning. Die doel is om elke in­di­vi­du teen sy eie pas te laat vor­der, en om al­tyd

ge­mak­lik en vei­lig te voel. Die laaste klas is ge­vor­derd.

Paal verg pas­sie, ure van har­de werk en toe­wy­ding, maar dis ook lek­ker!

Hou vas aan daai paal!

Jaun sê mens ge­bruik let­ter­lik jou vel om “vas te hou’’ aan die paal, en dit verg oe­fe­ning, want bui­ten die si­li­koon­pa­le is die res re­de­lik glad. Daar is heel­wat pro­duk­te op die mark wat deel­ne­mers ge­bruik om nie af te gly nie. (Dink aan die poei­er wat gim­nas­te ge­bruik.)

Waar­van is die paal ge­maak?

Jaun ver­tel: “Pa­le word van ’n ver­skei­den­heid ma­te­ri­a­le ge­maak, soos brons, vlek­vrye staal, si­li­koon, en chroom.

Daar is pa­le wat kan ro­teer (spin­ning po­les) wat ook ge­stel kan word om sta­ties te wees. S­ta­tie­se pa­le word meest­al deur be­gin­ners ge­bruik.

En dis goed vir jou!

C­han­tal noem ’n string voor­de­le van paal:

Dit oe­fen die he­le lig­gaam, is goed vir bloeds­om­loop en vir die hart, as­ook vir be­ne en ge­wrig­te.

Dit bou spier­krag, ver­be­ter soe­pel­heid en ko­ör­di­na­sie, en bou self­ver­troue en self­beeld.

Dit maak maag-, been-, rug- en boud­spie­re fer­mer.

Jaun be­aam: “Ek kan sien hoe my lig­gaam ver­an­der het, ek is baie ster­ker en het nou sterk maag­spie­re. Soos met an­der oe­fe­ning word en­dor­fie­ne af­ge­skei wat mens laat goed voel.’’

Hy lag: “’n Mens moet maar pro­beer ver­sig­tig wees. Jy kan gly, val, na­els breek en ten­do­ni­tis kry. En dan is daar die blou­kol­le en kneus­plek­ke . . . wat in die om­gangs­taal paal­soe­ne ge­noem word.

C­han­tal sê on­ge­luk­kig is daar ’n stig­ma om paal. Dit word steeds ge­as­so­si­eer met ont­kleeklubs. Nog ’n wan­op­vat­ting is dat deel­ne­mers so min as moont­lik kle­re moet aan­hê en sug­ges­tief moet dans, maar dis ver ver­wy­derd van die waarheid.

Soos ge­noem is paal­dan­sers af­hank­lik van vel­kon­tak met die paal om daar­aan vas te kleef, so jy gaan nie sien dat ie­mand in je­ans paal­dans nie. On­ge­luk­kig is dit weens mense se wan­op­vat-

Ge­nug­tig! Ti­i­na O’Con­nor van Duits­land, ’n fiks­heids- en paal­dan­sin­struk­teur, se soe­pel­heid het die gehoor gaan­de ge­had by die agt­ste jaar­lik­se Kaap­se Paal­dans­ver­to­ning.

Foto’s: LINDSEY APPOLIS

Ko­pon­der­ste­bo! Jaun van De­ven­ter, ’n haar­sti­lis van Good­wood, in ak­sie. Hy is in ’n ge­vor­der­de klas en doen ar­tis­tie­ke paal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.