Ge­re­stou­reer­de Vic­to­ri­aan­se huis in ge­sog­te Wood­stock ’n wa­re droom vir bui­te-ont­ha­lers S

Die Burger - - Veilings -

te­de­li­ke ver­nu­wing van Wood­stock het hier­die mul­ti­kul­tu­re­le voor­stad om­skep in ’n ge­sog­te woon­ge­bied in die mid­de­stad.

Cla­reMart Aucti­on Group bied hier­die waar­de­vol­le Vic­to­ri­aan­se ju­weel by Bra­bant­weg 35, Wood­stock X ’n vier­slaap­ka­mer­wo­ning X wat die af­sla­er op die per­seel gaan op­veil op Vry­dag 24 Ok­to­ber om 12:00.

P­rent­jie­mooi met ’n Vic­to­ri­aan­se voor­aan­sig, bied hier­die

135 m²-wo­ning met ge­re­stou­reer­de in­te­ri­eur, ge­hal­te-af­wer­kings in die slaap­ka­mers en twee bad­ka­mers.

Die en sui­te-hoof­slaap­ka­mer met ’n in­stap­kle­re­kas lei na ’n son­ni­ge bal­kon met raam­lo­se glas­re­lings wat uit­son­der­li­ke uit­sig­te op Ta­fel­berg en die by­der­wet­se woon­buurt bied.

Die om­vorm­de stel trap­pe met raam­lo­se glas­trap­leu­nings kom­ple­men­teer die naat­lo­se vloei tus­sen die leef­ge­deel­tes, wat ’n ruim sit­ka­mer met kag­gel in­sluit.

Die oop­plan-kom­buis en -eet­ge­deel­te met e­le­gan­te af­wer­kings loop uit op ’n bin­ne­hof kom­pleet met piz­za­oond en in­ge­bou­de braai, ’n ont­ha­ler se droom!

’n Kom­pak­te spran­kel­swem­bad op die pa­ti­o­dek vol­tooi die bui­te­ont­haal­ruim­te.

Vei­lig­heid word voor­sien deur A­me­ri­kaan­se luik­ven­sters en ’n mo­tor­huis vir vei­li­ge par­ke­ring op die per­seel.

Gaan be­sig­tig ge­rus die prag­wo­ning mô­re en Son­dag 21 Ok­to­ber tus­sen 14:00 en 17:00.

Vir meer in­lig­ting, bel vir S­ha­meer Ab­bas by 065 846 9770 of 021 425 8822.

Stuur ge­rus ook vir hom e-pos na s­ha­meer@cla­remart.co.za.

Bel ook vir San­jeev Boy­joonauth by 071 233 9552 of kon­tak hom by san­jeev@cla­remart.co.za.

Jy kan ook die web­tuis­te www.cla­remart.co.za be­soek.

Foto: CLA­REMART AUCTI­ON GROUP

Hier­die Vic­to­ri­aan­se-styl-wo­ning in Wood­stock bied mo­der­ne af­wer­kings en ve­le ont­haal­moont­lik­he­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.