S­kat­kis in die hart­jie van die mooie Paarl loop oor C

Die Burger - - Veilings -

arl S­tas­sen Auctioneers hou Sa­ter­dag 20 Ok­to­ber om 10:00 ’n uit­son­der­li­ke vei­ling van prag­ti­ge an­tie­ke wa­re by BoMeul­straat 4, Le­moen­kloof, in die Paarl.

Be­ërs kan hul voor­be­rei vir van die prag­tig­ste Vic­to­ri­aan­se meu­bels soos on­der meer ’n Vic­to­ri­aan­se ma­ho­nie­sier­laai­kas, E­du­ar­di­aan­se ma­ho­nie­ver­toon­kas, ’n Ge­or­gi­aan­se ak­ker­hout­bank en half­maan­ta­fel, ma­ho­nie­skryf­ta­fel, Na­po­le­on 111-ver­toon­kas, Re­gen­cy­w­hat­not van ma­ho­nie, en ve­le meer mooi an­tie­ke meu­bels.

Op die vei­lings­lys is ook ver­skeie twee­hand­se meu­bels wat ook ver­koop gaan word, soos ka­tel­bed­dens, ou skeep­skis­te en hout­kis­te, stink­hout- en geel­hout­ta­fels, spits­poot­ta­fels van stink­hout en geel­hout, om maar net ’n paar te noem. Hier­die seld­sa­me meu­bel­stuk­ke kry jy nie som­mer maklik in die han­de nie.

Bui­ten hier­die be­son­de­re meu­bel­skat­te is die por­se­lein net so ge­sog, van S­ta­fords­hi­re-beel­de, Da­ven­port-por­se­lein, Bar­ry Dib- ab­strak­te va­se tot Moor­craft-va­se, Pool-pot­te, Peg­top-por­se­lein, ou I­ma­ri-bor­de en ver­skeie or­na­men­te as­ook ho­pe ko­per- en sil­wer­wa­re en o­lie­verf­skil­de­rye van ver­skeie kuns­te­naars.

Snuis­te­rye sluit in ou hoe­de­kof­fers, ou kie­ries, pop­pe, Per­sie­se mat­te, koets­lam­pe, been­hef­mes­se, kris­tal­lam­pe en Art Nou­veaustaan­hor­lo­sie saam met ho­pe et­nie­se artikels.

Hier­die vei­ling is ’n ver­sa­me­laar se droom met nog ve­le i­tems wat nie ge­noem kon word nie!

Bel die af­sla­er, Carl S­tas­sen, by 082 456 3377 vir ver­de­re navrae. Be­soek ook www.carl­stas­se­naucti­o­neers.co.za vir meer foto’s en gaan “li­ke” hul Fa­ce­book-blad.

An­tie­ke meu­bels van al­le soor­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.