Beplan, beplan, beplan

Op VIA (DStv-ka­naal 147) spook die ei­en­doms­a­gen­te Mey­er S­wa­ne­poel en Mar­got van Wyk dit week­liks uit om vir voor­ne­men­de ko­pers die per­fek­te wo­ning te kry. Dié a­gen­te deel hier­die week met Ei­en­dom­me se le­sers hul top­wen­ke vir eer­ste ko­pers:

Die Burger - - Eiendomme -

Só sê Mey­er

Dit is be­lang­rik vir eer­ste ko­pers om voor­af te be­paal wat hul prys­raam­werk is. “Maak se­ker jy neem al­le kos­te in ag soos ver­se­ke­ring, in­stand­hou­ding en erf­be­las­ting. Maak jou som­me en be­paal wat jy kan be­kos­tig.” Hier is ’n paar van sy wen­ke:

■ Gaan jou kre­diet­re­kord na. ’n Goeie re­kord is goud werd en sal sorg dat jy ’n goeie ren­te­koers kry.

■ Kry voor­af goed­keu­ring by jou bank vir ’n ver­band. Dit gee jou ’n goeie i­dee van wat jy kan be­kos­tig en wys die ver­ko­per ook jy is erns­tig wan­neer jy ’n aan­bod maak.

■ Beplan. As jy weet jy wil bin­ne­kort met ’n gesin be­gin, baat dit nie jy koop ’n klein woon­stel nie.

■ Doen jou huis­werk oor die buurt en kyk wat­ter a­gen­te pro­mi­nent daar is. Maak se­ker jy kies ’n a­gent wat al ’n tyd­jie in die buurt werk en vra sy/haar raad.

Só sê Mar­got

“Mense be­sef soms nie hoe­veel by­ko­men­de kos­te daar aan huis­koop ver­bon­de is nie – ve­ral as jy dit nog nie voor­heen ge­doen het nie,” waar­sku sy.

Hier is haar top­wen­ke:

■ Werk saam met ’n ver­band­tus­sen­gan­ger om vas te stel vir wat­ter be­drag jy kwa­li­fi­seer. Daar­deur kan jy ook be­paal wat die to­ta­le kos­te gaan wees.

■ Kry ’n a­gent wat vir jou ’n vol­le­di­ge ver­slag kan saam­stel en aan­be­ve­lings kan maak oor wat­ter ge­bie­de tans die bes­te ka­pi­taal­groei bied. ’n Goeie a­gent sal jou in­ge­lig hou van nu­we ont­wik­ke­lings en kan ook ’n mark­a­na­li­se van ’n se­ke­re buurt, straat of ont­wik­ke­ling doen. Met nu­we ont­wik­ke­lings word al die kos­te ge­woon­lik by die ver­koops­prys in­ge­sluit, en bied dit dik­wels ook be­ter ka­pi­taal­groei.

■ Kry só gou as moont­lik ’n vas­trap­plek in die mark – al koop jy ’n ei­en­dom waar­in jy dalk self nie wil woon nie. Dit kan dalk ’n be­kos­tig­ba­re a­tel­jee­woon­stel in ’n goeie buurt wees wat jy kan uit­ver­huur.

Kry regs­ad­vies as jy sou be­lang­stel om die ei­en­dom in ’n trust vir lang­ter­myn­be­leg­gings­doel­ein­des te re­gis­treer.

Foto: VER­SKAF

Die a­gen­te Mar­got van Wyk en Mey­er S­wa­ne­poel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.