Só wil Wes-Kaap be­leg­gers lok

Die Burger - - Eiendomme - – Nel­lie Brand-Jon­ker

Die Wes-Kaap het be­gin met ’n di­gi­ta­le be­mar­kings­veld­tog waar­in hy sy ses grootste be­leg­gers­mark­te tei­ken.

Dit is A­me­ri­ka, C­hi­na, B­rit­tan­je, Frank­ryk, Ne­der­land en Duits­land.

Die veld­tog, be­kend as In­ves­tSA One Stop S­hop, is ver­le­de week be­kend ge­stel deur die Wes-Kaap­se de­par­te­ment van e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling en toe­ris­me, die Kaap­se me­tro­raad en die Wes-Kaap­se a­gent­skap vir be­leg­gings­be­vor­de­ring, Wes­gro.

Die hoof­doel hier­van is om in­ter­na­si­o­na­le ver­troue in die Wes-Kaap en Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie te ver­be­ter deur die ver­skil­len­de be­leg­gings­ge­leent­he­de on­der po­ten­si­ë­le be­leg­gers se aan­dag te bring, sê Sol­ly Fou­rie van die de­par­te­ment van e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling.

Die web­werf www.in­ves­t­ca­pe.com is ’n toon­ven­ster vir be­leg­gings­ge­leent­he­de. Po­ten­si­ë­le be­leg­gers gaan deur mid­del van vi­deo’s en veld­tog­te op so­si­a­le me­dia na die web­werf ge­lei word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.