Co­vid: Geen ek­stra on­nies vir sko­le

Oor­tyd gaan ook nie be­taal word nie, sê Mots­hek­ga

Die Burger - - 1 - Ver­slag­span

Sko­le wat deur Co­vid-19 ge­raak word, moet met hul be­staan­de ge­tal on­der­wy­sers klaar­kom.

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, het gis­ter ge­sê geen by­ko­men­de on­der­wy­sers gaan in dié sta­di­um ont­plooi word ter wil­le van ge­son­de af­stand­hou­ding in klas­se nie.

On­der­wy­sers gaan ook nie oor­tyd be­taal word nie.

Al­te­saam 134 leer­lin­ge wat reeds te­rug skool toe is, is se­dert ver­le­de Maan­dag po­si­tief ge­toets in die Wes-Kaap.

Mots­hek­ga het re­a­geer op par­le­men­tê­re vrae na­dat Nom­sa Mar­che­si, DA-LP, on­der meer by haar wou weet of nog on­der­wy­sers aan­ge­stel gaan word om­dat al­le klas­se in klei­ner groe­pe op­ge­deel moet word.

“Met meer leer­lin­ge wat na ver­wag­ting in Ju­lie en Au­gus­tus by sko­le in­ge­fa­seer sal word, sal daar ’n ver­hoog­de vraag na ge­son­de af­stan­de wees, wat tot meer klas­se gaan lei,” het Mar­che­si ge­sê.

Mots­hek­ga het ge­ant­woord haar de­par­te­ment ver­wag nie dat die vraag na by­ko­men­de on­der­wy­sers hoog sal wees nie.

“Sko­le sal ver­skil­len­de mo­del­le ge­bruik om leer­lin­ge te ak­kom­mo­deer – wat al­ter­na­tie­we tye, dae en we­ke van skool­by­wo­ning in­sluit.”

Vol­gens haar sal die­self­de aan­tal on­der­wy­sers daar­om ge­bruik kan word om oor ’n af­ge­skaal­de kur­ri­ku­lum en vol­gens her­be­plan­de klas­roos­ters klas te gee.

Sy sê daar sal wel ’n paar ge­val­le wees waar sko­le by­ko­men­de klas­ka­mer­ruim­te be­no­dig.

Oor oor­tyd­be­ta­ling het Mots­hek­ga ge­sê die plan is om die werk­la­ding van on­der­wy­sers in­ge­vol­ge hul diens­voor­waar­des te hand­haaf. Dit sal moont­lik wees om­dat leer­plan­ne af­ge­skaal en bui­te­muur­se ak­ti­wi­tei­te op­ge­skort is.

Teen gis­ter was daar al

557 per­so­neel­le­de van die WesKaap­se on­der­wys­de­par­te­ment wat se­dert 22 Mei po­si­tief vir die ko­ro­na­vi­rus ge­toets is. Dit sluit on­der­wy­sers en an­der per­so­neel­le­de in en kom neer op 1,5% van die to­ta­le per­so­neel­tal.

So­wat ’n hon­derd be­kom­mer­de ou­ers van leer­lin­ge van Win­der­me­re P­ri­ma­ry S­chool in Ken­sing­ton, Kaap­stad, het gis­ter­og­gend bui­te die skool be­toog na­dat vyf on­der­wy­sers daar glo po­si­tief ge­toets is. Hul­le eis dat die skool moet sluit en eers ná die win­ter her­o­pen.

Mai­noe Par­ker, woord­voer­der van die ou­ers, sê die ge­sond­heid van leer­lin­ge en on­der­wy­sers is in ge­vaar. Hul­le eis nie net dat Win­der­me­re sluit nie, maar al­le sko­le in die Ken­sing­ton-ge­bied.

Deb­bie S­chä­fer, Wes-Kaap­se LUR vir on­der­wys, het gis­ter ge­kap na “ge­meen­skaps­le­de en bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies” wat sko­le in die pro­vin­sie ont­wrig.

“Dit is dui­de­lik dat daar baie mo­bi­li­se­ring on­der ver­skeie or­ga­ni­sa­sies is oor die feit dat sko­le oop is en in aan­loop tot die te­rug­keer van meer leer­lin­ge op 6 Ju­lie,” het S­chä­fer in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Dié or­ga­ni­sa­sies hou vol dat hul­le in die be­lang van leer­lin­ge en on­der­wy­sers se vei­lig­heid op­tree, maar dit is hul eie op­tre­de wat ons leer­lin­ge en on­der­wy­sers se le­we in ge­vaar stel.”

Daar is vi­de­o­beeld­ma­te­ri­aal wat wys hoe men­se sko­le bin­ne­gaan en leer­lin­ge na die stra­te neem “met mas­kers wat nie reg ge­dra word of ’n vei­li­ge af­stand wat tus­sen me­kaar ge­hand­haaf word nie”.

S­chä­fer sê be­smet­tings in sko­le sal ’n weer­spie­ë­ling wees van die be­smet­tings­koers in ge­meen­skap­pe.

Daar is geen aan­dui­ding van ’n gro­ter in­fek­sie­koers in sko­le nie.

“Die mees­te van die­ge­ne jon­ger as 20 jaar wat po­si­tief ge­toets is, so­wel as ’n aan­tal on­der­wy­sers, het die vi­rus ty­dens die in­per­kings op­ge­doen, toe die sko­le ge­sluit was. So, waar­om word die sko­le ge­tei­ken?” – L­le­wel­lyn P­rin­ce, Mal­her­be Nie­na­ber en Na­z­ley Wil­schutt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.