Kaap­se eg­paar van in die 90 oor­kom Co­vid-19 saam-saam

Die Burger - - 1 - –­ Ja­na­ B­rey­ten­bach

Eg­paar wat al­bei in hul 90’s is, het Co­vid-19 saam in die hos­pi­taal oor­kom son­der dat hul­le aan­vank­lik be­sef het hul­le is saam daar.

Ne­vil­le (91) en I­ris (90) A­dams van Ken­sing­ton in Kaap­stad se noor­de­li­ke voor­ste­de is op ver­skil­len­de dae in die Ne­t­ca­re N1 Ci­ty-hos­pi­taal op­ge­neem met simp­to­me van Co­vid-19.

Ne­vil­le is op 16 Au­gus­tus op­ge­neem en I­ris op 21 Au­gus­tus. Hul­le het nie be­sef dat die hos­pi­taal hul­le in aan­gren­sen­de ka­mers ge­plaas het nie.

“Mnr. A­dams was skoon op­ge­won­de en ver­baas toe hy uit­vind sy vrou is in die ka­mer langs­aan, waar sy ook in i­so­la­sie be­han­del is,” sê dr. Zia Els, die dok­ter wat hul­le be­han­del het.

Die eg­paar het al­bei on­der­lig­gen­de siek­tes en Els sê die me­die­se per­so’n was baie be­sorg toe hul­le aan­vank­lik op­ge­neem is.

I­ris is met soort­ge­ly­ke simp­to­me as Ne­vil­le in die hos­pi­taal op­ge­neem en suur­stof is aan al­bei toe­ge­dien.

Ne­vil­le was ’n paar dae in die ho­ë­sorg­een­heid voor­dat hy na die ge­wo­ne Co­vid-19-saal ge­skuif is.

Hul­le is met min­der in­gry­pen­de ven­ti­la­sie-teg­nie­ke be­han­del en het goed daar­op ge­re­a­geer. Els sê die twee het merk­waar­dig goed her­stel en is op 1 Sep­tem­ber ont­slaan.

“Ons gaan huis toe! Dit was vir ons ’n groot on­der­vin­ding, maar al­bei van ons voel nou baie be­ter. Die dok­ters en per­so­neel het ons baie goed be­han­del en ons is in­nig dank­baar daar­voor,” het Ne­vil­le toe ge­sê.

Per­so­neel­le­de het ’n e­re­wag vir hul­neel le ge­vorm toe hul­le die hos­pi­taal ver­laat het.

Min­der Co­vid-19-pa­si­ën­te word tans in die hos­pi­taal op­ge­neem. ’n He­le paar van die pa­si­ën­te wat hier be­han­del is, was jon­ger en van hul­le het ook geen on­der­lig­gen­de siek­tes ge­had nie, wat wys dat “die vi­rus nie teen ou­der­dom dis­kri­mi­neer nie”, sê Els.

I­ris­ en­ Ne­vil­le­ A­dams­ van­ Ken­sing­to­nin­ Kaap­stad­ toe­ hul­le­ op­ 1­ Sep­tem­be­r­uit­ die­ Ne­t­ca­re­ N1­ Ci­ty­hos­pi­taal­ont­slaan­ is­ na­dat­ hul­leCo­vid-19­ oor­leef­ het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.