‘Ge­tui­e­nis oor taks­geld is erg kom­mer­wek­kend’

Die Burger - - 2 - Ma­re­li­ze­ Bar­nard Ad­junk­hoof­reg­ter­ Ray­mond­ Zondo­ ­

Ad­junk­hoof­reg­ter Ray­mond Zondo sê dit is vir hom kom­mer­wek­kend en hoogs frus­tre­rend om so baie ge­tui­e­nis aan te hoor van be­las­ting­geld wat “in an­der se sak­ke be­land” ter­wyl dit be­stem is om die men­se van die land te help.

“En daar is geen aan­dui­ding dat dit af­neem nie. In­teen­deel, dit lyk of daar men­se is wat sê hul­le gáán hul deel kry,” het hy ter af­slui­ting van gis­ter se sit­ting van die Zondo-kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping ge­sê.

Zondo het ver­wys na ge­tui­e­nis wat van­dees­week aan­ge­hoor is oor hoe Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, voor­ma­li­ge Vry­staat­se LUR vir mens­li­ke ne­der­set­tings, glo ’n on­wet­ti­ge plan be­dink het om so­wat R1 mil­jard bin­ne en­ke­le maan­de op be­hui­sings­pro­jek­te te be­stee son­der om ten­der­pro­ses­se te volg.

Die Vry­staat het aan die ein­de van die 2010-’11-boek­jaar nog net 10% van die geld be­stee wat hy vir be­hui­sing van die na­si­o­na­le te­sou­rie ont­vang het.

Die re­ge­ring het ge­dreig om dit te­rug te vat en Z­wa­ne het met ’n vin­ni­ge plan vo­ren­dag ge­kom, is ge­tuig.

Ui­t­ein­de­lik is mil­joe­ne ran­de aan kon­trak­teurs en diens­ver­skaf­fers be­taal op ’n lys wat Z­wa­ne ver­skaf het.

“Dit is meer as R500 mil­joen . . . en die geld moes ge­wo­ne men­se help, maar hul­le het nie hui­se ge­kry nie,” het Zondo ge­sê.

Ge­tui­e­nis is ook vroe­ër ge­le­wer oor die as­bes­dak­pro­jek in die Vry­staat wat R250 mil­joen ge­kos het. Dié be­drag is aan ’n ven­noot­skap be­taal om ou as­bes­dak­ke in die pro­vin­sie te tel. “Die be­paal­de ven­noot­skap is R250 mil­joen be­taal vir R21 mil­joen se werk.

“Vol­gens die ge­tui­e­nis is daar baie min werk, in­dien e­ni­ge, ge­doen deur die ven­noot­skap en ook deur ’n eer­ste sub­kon­trak­teur. Dit was eers ’n der­de kon­trak­teur wat die werk ge­doen het. Wat dit er­ger maak, is dat geen as­bes­dak­ke ver­wy­der is nie,” het Zondo ge­sê.

Hy het ook ver­wys na die V­re­de­melk­plaas­pro­jek. “Dit was ’n pro­jek wat baie swart boe­re moes help. Men­se wou boer om ’n in­kom­ste te ver­dien. Daar was ook an­der men­se wat daar­by moes baat vind. Hul­le het nooit e­nig­iets ge­kry nie, maar steeds is mil­joe­ne ran­de deur die Vry­staat­se re­ge­ring be­taal.

“Dit het in an­der han­de be­land en die men­se wat daar­mee ge­help moes word, het niks ge­kry nie. Dit is baie kom­mer­wek­kend.”

Zondo het ge­sê dit be­te­ken nie die Vry­staat­se re­ge­ring was die erg­ste nie – die kom­mis­sie be­skik nie oor ge­tui­e­nis oor die an­der pro­vin­sies nie.

Dit sal ja­re neem om ook uit te vind wat in die an­der pro­vin­sies ge­beur het.

Mp­ho Gift Mo­koe­na, oud­hoof van die Vry­staat­se de­par­te­ment van mens­li­ke ne­der­set­tings, het vroe­ër gis­ter oor die R500 mil­joen se be­ste­ding ge­tuig Ace Ma­gas­hu­le, des­tyd­se pre­mier, moes van Z­wa­ne se plan ge­weet het.

Mo­koe­na het ge­tuig dat die uit­voe­ren­de be­stuur van die pro­vin­si­a­le re­ge­ring, on­der wie die pre­mier, LUR’e, de­par­te­ments­hoof­de en fi­nan­si­ë­le be­amp­tes, teen­woor­dig was toe

’n amp­te­naar van die na­si­o­na­le te­sou­rie spe­si­aal na die pro­vin­sie ge­reis het.

Hy het hul­le kom waar­sku dat dié be­ta­lings on­wet­tig is om­dat geen werk nog ver­rig is nie.

Die pre­mier het daar­na geen be­sluit ge­neem of lei­ding ge­neem oor die be­ta­lings nie.

“Die pre­mier was mnr. Ma­gas­hu­le,” het hy ge­tuig.

Hy het ook ge­tuig dit was on­moont­lik om by te hou met Ma­gas­hu­le se aan­kon­di­gings en be­lof­tes van be­hui­sings­pro­jek­te.

“Selfs ná in­lig­ting­ses­sies met hom (Ma­gas­hu­le) waar ge­sê is daar is nie geld be­skik­baar nie, het hy voort­ge­gaan. Oral waar hy ge­gaan het, het hy nu­we be­hui­sings­pro­jek­te aan­ge­kon­dig.

“Hy het ook ge­sê die hui­se sal gro­ter wees. Hy het spo­ra­die­se aan­kon­di­gings ge­doen oor pro­jek­te waar­voor nie be­groot is nie,” het Mo­koe­na ge­tuig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.