DA kla oor mi­nis­ter nie vraag be­ant­woord

Die Burger - - 2 - Sa­rel­ van­ der­ Walt

Die op­po­si­sie het ’n toe­sigrol in die land te speel en daar­om is dit be­lang­rik dat mi­nis­ters par­le­men­tê­re vrae van die op­po­si­sie deur die reg­te pro­ses­se amp­te­lik be­ant­woord.

Só sê An­net­te S­teyn, DA-woord­voer­der oor land­bou, grond­her­vor­ming en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling.

Sy is on­te­vre­de om­dat T­ho­ko Di­di­za, mi­nis­ter van land­bou, bos­bou en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling, haar nie amp­te­lik ge­ant­woord het op vrae wat sy vier maan­de ge­le­de ge­vra het oor die hulp wat boe­re uit die re­ge­ring se Co­vid-19-hulp­fonds van R1,3 mil­jard vir die land­bou ont­vang het nie.

S­teyn sê die doel van die vraag wat sy op 29 Mei aan die mi­nis­ter ge­stel het, was om kon­tak te maak met be­guns­tig­des om so­doen­de uit te vind of hul­le wel die hulp ont­vang het of nie.

“Dit is my oor­sigrol. Ek twy­fel nie daar­aan dat die geld be­stee is nie, maar of dit wel by die reg­ma­ti­ge be­guns­tig­des uit­ge­kom het, weet ons nie,” het S­teyn gis­ter­mid­dag by na­vraag ge­sê.

“Dit was nie ’n streek van my om die vraag te vra nie. Ek het dit ge­doen in re­ak­sie op die al hoe gro­ter wor­den­de aan­tal klag­tes wat ons ont­vang van boe­re oor die koop­be­wy­se wat die de­par­te­ment van land­bou, grond­her­vor­ming en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling uit­ge­gee het,” het S­teyn vroe­ër van­dees­week in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Sy het haar ook voor­ge­neem dat sy op­volg­vrae aan Di­di­za sal stel om­dat dié nog nie amp­te­lik op haar vrae re­a­geer het nie.

S­teyn het in die ver­kla­ring ge­sê daar is klag­tes van boe­re wat nie die koe­pons kan ge­bruik nie om­dat die re­ge­ring nie die re­ke­nings be­taal nie.

“Daar is klag­tes dat die koe­pons slegs by se­ke­re on­der­ne­mings ge­bruik kan word. In baie ge­val­le kry die boe­re met op­ge­bla­se pry­se te doen, of die be­trok­ke on­der­ne­ming ver­koop nie dit waar­na die boer soek nie.

“Skrif­te­li­ke vrae en ant­woor­de word ui­t­ein­de­lik amp­te­li­ke re­kords van die par­le­ment. Om­dat daar nie amp­te­li­ke ant­woor­de op my vrae is nie, is daar nou geen amp­te­li­ke re­kord daar­van nie.”

Die de­par­te­ment het gis­ter by na­vraag ge­sê S­teyn se vrae is be­ant­woord en die ant­woor­de is aan haar ge­stuur. Af­skrif­te is ook aan die spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, die voor­sit­ter van die Na­si­o­na­le Raad van Pro­vin­sies, die be­trok­ke por­te­feul­je­ko­mi­tee en ge­ko­se ko­mi­tee ge­stuur.

“Die feit is, die in­lig­ting wat die DA no­dig het om sy oor­sigrol te kan speel, is nie be­kend ge­maak nie. En die reg­te pro­ses­se is nie ge­volg nie,” sê S­teyn.

T­ho­ko­ Di­di­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.