Hulp ge­vra om ‘B­lit­zkriek-braai­kaas­ter’ se sto­rie te ver­tel

Die Burger - - 3 - AJ Op­per­man

Die san­ger, lied­jie­skry­wer en mu­si­kant Wil­lim Wel­syn vier van­dag Er­fe­nis­dag met ’n ska­re­fi­nan­sie­rings­pro­jek om die ge­meen­skap van La­di­smith te be­mag­tig.

Dit volg na­dat Bert Lint­veld, ’n in­wo­ner van dié dorp in die Klein-Ka­roo, vir Wel­syn ’n braai­roos­ter in die vorm ’n ki­taar as ge­skenk ge­bou het na­dat hy ’n kon­sert van hom by­ge­woon het.

Wel­syn het ’n fo­to van die roos­ter, wat hy die B­lit­zkriek­braai­kaas­ter noem, op so­si­a­le me­dia ge­plaas en sy aan­han­gers is gaan­de daar­oor.

Selfs die B­rit­se mu­si­kant Keith Ri­chards het een by sy Suid-A­fri­kaan­se skoon­fa­mi­lie pre­sent ge­kry, en die S­pring­bok-rug­by­spe­ler E­ben Et­ze­beth be­sit ook ’n braai­kaas­ter.

“Die roos­ters is so goed ge­bou,” sê Wel­syn, “maar ons kort meer toe­rus­ting en op­lei­ding om aan die vraag te vol­doen, en dis al­les te dan­ke aan Bert se toe­wy­ding en vak­man­skap. Hy is die bes­te am­bags­man wat ek ken.”

Wer­ner en No­vi van Eik, ’n neef en nig­gie, werk saam met Lint­velt.

“My sus­ter en my swa­er woon en werk in Ne­der­land, maar hul reg­te huis is in La­di­smith,” sê Wel­syn. “Bert woon, werk en kyk na hul­le huis in La­di­smith. Toe my sus­ter-hul­le met my ma se ver­jaar­dag kom kui­er het, het ons op my sus­ter-hul­le se stoep op­ge­tree. Dis die eer­ste keer wat Bert my sien op­tree het.”

Men­se van oor die wê­reld het be­stel­lings ge­plaas en Lint­veld en die Van Eiks het aan die werk ge­spring. Meer as 100 B­lit­zkriek­braai­kaas­ters is al ge­maak.

“It ta­kes a vil­la­ge,” sê Wel­syn. “Daar is nog baie an­der ont­wer­pe op pad. Maar dit al­les verg tyd om te ont­wik­kel. Die vol­gen­de reeks gaan die B­lit­zkriek-stra­to­braai­kaas­ter wees, in die vorm van ’n e­lek­trie­se ki­taar. Dan is die Blom­kaas­ter, die kom­pak­te Ba­by-braai en die Braai­2D2 on­der­weg.

“Dit is die hard­ste wat ek nog e­nig­ie­mand sien werk het. Bert se sto­rie moet ver­tel word. Dis hoe­kom ek die ska­re­fi­nan­sie­ring be­gin het, want hier­die sto­rie moe­nie stop nie.

“Dit gaan swaar met die men­se in La­di­smith, maar daar is hoop. Ons gaan braai op ons braai­kaas­ters en ons sto­rie van hoop, ge­meen­skap, fa­mi­lie en sa­me­syn deel met die wê­reld. Bert, Boe­tie, No­vi en my sus­sie, Zaz­zie, het hard ge­werk om die eer­ste 100 roos­ters die wê­reld in te s­tuur. Ve­ral Bert. Daar­die man se han­de is stomp ge­werk. Ek hoop die sto­rie gryp men­se se hart aan.”

■ In­dien jy ’n by­drae vir hulp aan La­di­smith se ge­meen­skap wil maak, be­soek https:// www.thund­a­fund.com en http:// wil­li­am­wel­fa­re.com vir meer in­lig­ting.

Fo­to: WIL­LIM WEL­SYN

Bert Lint­veld met een van die braai­roos­ters wat hy maak.

Fo­to: GERHARD GROBLER

Wil­lim Wel­syn met sy B­lit­zkriek­braai­kaas­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.