SA be­dryf maak ‘Je­ru­sa­le­ma’-kort­fliek

Die Burger - - 3 - Chris­ti­aan Boon­zai­er

Hon­der­de werk­ne­mers in die Suid-A­fri­kaan­se fliek- en TV-be­dryf span op Er­fe­nis­dag saam om ’n kor­trol­prent te maak ge­ïn­spi­reer deur “Je­ru­sa­le­ma”.

Die re­gis­seur Cal­vin Ha­y­ward het die i­dee vir die kor­trol­prent ge­kry na­dat Mas­ter KG en Nom­ce­bo Zi­ko­de se lied­jie op­spraak ge­maak en tot ’n wê­reld­wye dans­uit­da­ging, be­kend as die #Je­ru­sa­le­maDan­ceC­hal­len­ge, ge­lei het. Ha­y­ward se i­dee is om ’n kor­trol­prent met ’n fik­tie­we sto­rie­lyn te skiet. Hon­der­de rol­prent­lui sal die #Je­ru­sa­le­maDan­ceC­hal­len­ge op Er­fe­nis­dag aan­pak.

Ha­y­ward sê by na­vraag hy en sy span wil drie doel­wit­te met die pro­jek be­reik. “Ons wil rol­prentspan­ne en rol­ver­de­lings weer by­me­kaar­bring. Dit is ook ’n ge­leent­heid om geld vir kos­pak­kies in te sa­mel wat ons aan die fa­mi­lies van rol­prent­lui wil skenk wat erg on­der Co­vid-19 deur­ge­loop het. En dit is ook ’n ge­leent­heid om ’n bood­skap aan die wê­reld te ver­kon­dig – dat Suid-A­fri­ka (en Suid-A­fri­kaan­se rol­prent­lui) weer ge­reed is om aan die werk te spring!”

Die ver­vaar­di­ger T­he­re­sa van Graan, wat help om die pro­jek te be­mark, sê net die rol­ver­de­ling sluit in Ty­ro­ne Ke­ogh, S­ha­mil­la Mil­ler en Zen­da­ya Mu­rin­ga­ni. Dit sal deur Ha­y­ward en A­bong­we L.

Booi ge­re­gis­seer word. Die ver­vaar­di­gers is C­heryl Ea­tock en Ja­mes Mu­rin­ga­ni.

Van Graan sê die rol­prent­lui sal die dans in groe­pe van 100 aan­pak om die Co­vid-19-re­gu­la­sies te ge­hoor­saam. Hul­le sal eers die cho­re­o­gra­fie leer voor­dat hul­le dit op ’n rol­prent­stel sal uit­voer wat spe­si­aal vir die ge­leent­heid by Ca­pe To­wn Film S­tu­di­os op­ge­rig is.

“Ons mik geen­sins na ’n re­kord nie, maar ons hoop dat baie men­se op­daag om hul on­der­steu­ning vir die rol­prent- en TV-be­dryf te wys. Ons sy­fers (die men­se wat gaan deel­neem) groei sta­dig maar se­ker,” sê sy.

Sy sê Mas­ter KG en Zi­ko­de gaan nie aan die pro­jek deel­neem nie. “Ons het uit­ge­reik na Mas­ter KG, maar hy kon nie tyd in sy ske­du­le in­ruim nie.”

■ E­nig­ie­mand in die rol­pren­tof TV-be­dryf wat graag aan hier­die pro­jek wil deel­neem, kan hier re­gis­treer: https:// bit.ly/35N­hvxd.

Suid-A­fri­ka­ners word ook aan­ge­moe­dig om koop­be­wy­se op https://bit.ly/33G0RNi en https://bit.ly/2H­dG2Bh vir rol­prent­lui te koop en dit na 083 788 8838, c­heryl@film­a­fri­ka­pro­ducti­on.com of ja­me­smu­rin­ga­ni@me.com te s­tuur. S­ken­kings kan ook op Er­fe­nis­dag by Ca­pe To­wn Film S­tu­di­os af­ge­laai word. S­tuur e-pos na me­tal­moon@ion.co.za vir meer in­lig­ting.

Die plak­kaat wat die SuidA­fri­kaan­se rol­prent­be­dryf se “Je­ru­sa­le­ma”-pro­jek ad­ver­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.