470 wal­vis­se nou al ge­strand

Die Burger - - 3 -

Nog 200 loods­wal­vis­se is ge­strand in Tas­ma­nië ge­vind na­dat 270 wal­vis­se Maan­dag ont­dek is.

Die by­ko­men­de wal­vis­se is gis­ter­og­gend ver­der suid van Ma­cqua­rie Har­bour aan­ge­tref.

We­ten­skap­li­kes sê 380 is tot dus­ver dood.

Drie af­son­der­li­ke sko­le wal­vis­se wat hon­der­de me­ter uit­me­kaar was, is Maan­dag op ’n sand­bank in die see by Ma­cqua­rie Har­bour ont­dek. Hier­van is 90 dood.

Die twee­de groep het meest­al op stran­de uit­ge­spoel.

Die wal­vis­stran­ding, so­wat 200 km noord­wes van die hoof­stad, Ho­bart, is nou die mees­te wat tot nog toe in Aus­tra­lië aan­ge­te­ken is en een van die groot­stes ter wê­reld.

Red­dings­po­gings is se­dert Maan­dag aan die gang om so­veel moont­lik van die wal­vis­se te red.

Min­stens 65 na­tuur­be­waar­ders, vis­ser­man­ne en vry­wil­li­gers is by die red­dings­po­ging be­trok­ke.

So­wat 50 wal­vis­se is se­dert Dins­dag ge­red, maar amp­te­na­re sê van hul­le is weer deur die ge­ty te­rug­ge­bring. “Ons is baie te­leur­ge­steld dat die ge­tal ge­styg het en daar is ook ’n toe­na­me in die ge­tal wal­vis­se wat dood is,” sê Nic De­ka, streek­be­stuur­der van Tas­ma­nië se wild- en par­ke­raad.

K­ris Car­lyon, na­tuur­bi­o­loog van die re­ge­ring se be­wa­rings­a­gent­skap, sê hul­le is nog nie op die punt waar hul­le ge­na­de­dood vir van die die­re oor­weeg nie.

“Dit is al­tyd iets wat ons in ons ag­ter­kop hou. Ons is wel steeds baie hoop­vol,” sê Car­lyon.

Dit bly ’n raai­sel wat die wal­vis­se na die vlak wa­ter ge­lok het, maar vol­gens we­ten­skap­li­kes het ve­ral loods­wal­vis­se sterk so­si­a­le ban­de.

“Dit is de­fi­ni­tief ’n be­lang­ri­ke ge­beur­te­nis en baie kom­mer­wek­kend as ons so­veel wal­vis­se ver­loor weens stran­dings,” sê prof. Pe­ter Har­ri­son van die Sout­hern Cross-U­ni­ver­si­teit se wal­vis­na­vor­sings­groep.

“Daar moet de­fi­ni­tief meer be­lê word in na­vor­sing om hier­die wal­vis­se in Aus­tra­lie­se wa­ters te ver­staan.”

Tas­ma­nië se vo­ri­ge groot­ste stran­dings was in 1935, toe 294 wal­vis­se hul­self ge­strand het. Die laas­te mas­sa­stran­ding op die ei­land was in 2009 waar so­wat 200 wal­vis­se be­trok­ke was.

Meer as 80% van Aus­tra­lie­se wal­vis­stran­dings vind in Tas­ma­nië plaas.

In 1996 het 320 loods­wal­vis­se aan die kus van Wes-Aus­tra­lië uit­ge­spoel, in wat des­tyds die groot­ste mas­sa­stran­ding in die land se ge­skie­de­nis was.

So­wat 600 loods­wal­vis­se het in 2017 ook in Nieu-See­land ge­strand.

Fo­to: AP

’n By­ko­men­de 200 loods­wal­vis­se is gis­ter­og­gend op die Aus­tra­lie­se ei­land Tas­ma­nië ge­strand ge­vind.

Fo­to: GETTY IMAGES

Red­dings­wer­kers plaas gis­ter draag­band on­der ’n loods­wal­vis wat op ’n sand­bank by Ma­cqua­rie Har­bour ge­strand het. Hul­le word een vir een deur mo­tor­bo­te tot in die­per wa­ter ge­sleep.

Fo­to: AP

Ge­stran­de wal­vis­se kan op die strand by Ma­cqua­rie Har­bour ge­sien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.