500 ver­wag by Kinnear-diens

‘Vrees was al die ja­re ’n kon­stan­te fak­tor in ons le­we’

Die Burger - - 4 - May­ge­ne de Wee

Meer as 500 men­se word van­dag ver­wag op ’n ge­denk­diens vir lt.kol. C­harl Kinnear in Ge­a­ring­straat, Sid­ney­va­le, Bis­hop La­vis.

Gra­ham Lind­horst, voor­sit­ter van die Bis­hop La­vis-ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF), sê van Kinnear se fa­mi­lie­le­de, on­der wie sy vrou, Ni­co­let­te, gaan op die ge­denk­diens oor sy le­we praat.

Ook sy twee laas­te be­vel­voer­ders in die po­li­sie, genl.maj. Je­re­my Ve­a­rey en genl.maj. An­dré Lin­coln, gaan vol­gens Lind­horst ook elk­een spreek­beur­te hê.

Hy sê eerw. Chris Nis­sen van die Men­se­reg­te­kom­mis­sie, self ’n boor­ling van Bis­hop La­vis, sal ook een van die spre­kers wees.

Lind­horst sê die GPF se be­stuur het Dins­dag die fi­na­le re­ë­lings met die Bis­hop La­vis-po­li­sie oor die ge­denk­diens be­spreek en uit­ge­klaar. Vol­gens hom gaan Ge­a­ring­straat vir die duur van die ge­denk­diens vir ver­keer afgesper word.

Ni­co­let­te het Dins­dag aan die ra­dio- en te­le­vi­sie-og­gend­pro­gram Die groot ont­byt ge­sê vrees was al die ja­re ’n kon­stan­te fak­tor in hul le­we.

Kinnear, een van die speur­hoof­de van die Wes-Kaap­se ben­de-een­ge­skiet

‘‘ Hy het 31 jaar ge­le­de ’n eed af­ge­lê en daar­die eed – die be­lof­te aan sy land – tot sy dood ge­hou.

heid, is Vry­dag voor sy huis in Ge­a­ring­straat deur ’n on­be­ken­de ge­mas­ker­de man in ’n rooi kap­pie­top ge­skiet.

Hy het voor sy huis ge­wag dat sy seun sy voer­tuig uit die op­rit trek so­dat hy kon in­trek toe hy is.

Kinnear is meer as vyf keer raak­ge­skiet en is op die to­neel dood. Die mees­te van die sko­te was in sy bo­lyf.

Ni­co­let­te sê hul twee seuns het al­tyd ge­sê hul­le het nie ’n nor­ma­le tie­ner­le­we ge­had nie.

“Ons was al­tyd be­wus van waar ons is. Daar was se­ke­re plek­ke waar­heen hy nie kon saam­gaan nie om­dat die ri­si­ko ho­ër kon wees.”

Sy sê dat haar man 31 jaar ge­le­de ’n eed af­ge­lê het en dat hy daar­die eed – die be­lof­te aan sy land – tot sy dood ge­hou het.

Kinnear se werk was sy roe­ping, sê sy.

Hy het ook nooit sy ge­sin eer­ste ge­stel of daar­aan ge­dink om weg te stap nie.

Ni­co­let­te sê hul­le is oor­wel­dig deur die steun wat hul­le kry, maar sy is hart­seer dat dit haar man se dood ge­kos het vir die breë ge­meen­skap en die SuidA­fri­kaan­se Po­li­sie­diens om te weet hoe­veel hy vir hul­le werd was.

Fi­na­le be­graf­nis­re­ë­lings vir Kinnear is nog nie be­kend nie.

Die on­der­soek na Kinnear se moord duur voort.

Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Fo­to: Ver­skaf

Lt.kol. C­harl Kinnear

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.